Modulekode | JVB 301 |
Kwalifikasie | Voorgraads |
Fakulteit | Fakulteit Opvoedkunde |
Module-inhoud | Hierdie module poog om onderwysstudente te ondersteun in die ontwikkeling en praktiese toepassing van kennis en vaardighede wat verband hou met voorligting en berading binne die skool-konteks. JVB 301 bou op positiewe sielkunde beginsels en poog om studente toe te rus om in staat te wees om leerders in die onderskeie fases van die onderwyssisteem te begelei en aan hulle berading te verskaf. Die module spreek gedrags- en emosionele hindernisse tot leer en prestasie aan, asook studiemetode-begeleiding en loopbaanvoorligting. Vir elk van hierdie areas sal die fokus val op siftings- en identifikasieprosedures in terme van oorsake en eienskappe, klaskamer ondersteuning en bestuur, en riglyne ter ondersteuning van ouers. Die module sal onderwysstudente verder toerus met kennis oor die aard van voorligting en berading (insluitende beroepsvoorligting), spesifiek binne die leeromgewing. Die uiteindelike doel is om aan studente die geleentheid te bied om die kennis wat hulle opgedoen het tydens JVB 210 en JVB 220 prakties toe te pas in die klaskamer-konteks, deur aan leerders met gespesialiseerde behoeftes voorligting en berading te verskaf. Hierbenewens sal onderwysstudente die geleentheid kry om hulle kennis oor loopbaanteorieë en loopbaanvoorligting prakties toe te pas. |
Modulekrediete | 40.00 |
Programme | |
Onderrigtaal | Afrikaans en Engels word in een klas gebruik |
Akademiese organisasie | Opvoedkundige Sielkunde |
Aanbiedingstydperk | Jaar |
Copyright © University of Pretoria 2025. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App