Jaarboeke

Kunste en kultuur 120


 
Modulekode JLK 120
Kwalifikasie Voorgraads
Fakulteit Fakulteit Opvoedkunde
Module-inhoud In hierdie module word studente begelei om verskillende metodes te ondersoek waarvolgens kreatiwiteit in die klaskamer gestimuleer kan word. Hulle word bekend gestel aan basiese kunsvaardighede en -prosesse wat in die Grondslagfase gebruik kan word . Die module laat studente toe om vrye teuels te gee aan hulle kreatiewe denkvaardighede deur gebruik te maak van verskeie kunsmedia en -prosesse, terwyl hulle ondersteun word deur teoretiese lesings en praktiese demonstrasies. ‘n Praktiese portefeulje word deur elke student saamgestel, wat voorbeelde bevat van kunswerke en teoretiese navorsing. Die portefeulje dien as ‘n handleiding vir toekomstige verwysing in die klaskamer.
Modulekrediete 6.00
Voorvereistes Geen voorvereistes.
Kontaktyd 2 praktiese sessies per week
Onderrigtaal Afrikaans en Engels word in een klas gebruik
Akademiese organisasie Geesteswetenskaplike Opvoedkun
Aanbiedingstydperk Semester 2

Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences