Jaarboeke

Program: MIng Tegnologiebestuur (Gedoseer)

Kindly take note of the disclaimer regarding qualifications and degree names.
Code Faculty
12250254 Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie
Credits Duration
Duur van studie: 2 jaar Totale krediete: 180

Programinligting

  • Tensy die Dekaan, op aanbeveling van die betrokke departementshoof, anders besluit, word die magistergraad toegeken op grond van eksamens in kursuswerk en ’n miniverhandeling (insluitend ’n eksamen oor die miniverhandeling).
  • 'n Minimum van 180 krediete word vereis vir die MIng. 'n Miniverhandeling (60 krediete) en kursuswerk (120 krediete) word in die program ingesluit.
  • Geen erkenning sal verleen word vir krediete wat tydens studie vir die BIngHons of die BScHons verwerf is nie.
  • Die leergang word in oorleg met die betrokke departementshoof bepaal.
  • Enige spesifieke module word aangebied op voorwaarde dat ’n sekere minimum getal studente daarvoor inskryf, soos bepaal deur die departementshoof en die Dekaan. Raadpleeg die betrokke departementshoof oor die samestelling van ’n sinvolle nagraadse studieprogram, asook oor die leerinhoud van die modules. Raadpleeg ook die betrokke departementele nagraadse brosjures.

Toelatingsvereistes

Behoudens die bepalings van die Algemene Regulasies, Reg. G.1.3 en G.54, word ?n BIngHons-graad, of ?n gelykwaardige kwalifikasie vereis vir toelating tot die MIng-programme.

Eksamens en slaagvereistes

Die bepalings van toepaslike Fakulteitsregulasie geld.

Die Dekaan kan, op aanbeveling van die departementshoof, besluit om ’n student vry te stel van die eksamen oor die miniverhandeling.

Riglyne oor die voorbereiding en eksaminering van miniverhandelings is by alle departemente beskikbaar. Die gemiddelde punt van al die eksaminatore is die finale punt, met ’n slaagsyfer van minstens 50%.

Navorsing

Die student moet deur middel van ’n miniverhandeling bewys lewer dat hy of sy in staat is om ’n wetenskaplike ondersoek te beplan, in te stel en uit te voer. As deel van die eksamen moet 'n student 'n artikel indien en 'n aanbieding doen by die finalejaarsimposium. Die artikel moet gebaseer wees op die navorsing wat die student vir die miniverhandeling gedoen het en moet deur die studieleier goedgekeur wees. Die toekenning van die graad is onderworpe aan nakoming van die voorwaardes van hierdie regulasie.

Slaag met lof

'n Student wat die magistergraad voltooi op grond van kursuswerk en ’n miniverhandeling, slaag met lof indien ’n geweegde gemiddelde van minstens 75% behaal word in die eerste 180 krediete wat vir die graad voltooi is, met dien verstande dat die miniverhandeling 60 van die genoemde krediete tel. Die graad word egter nie met lof toegeken indien die student enige van die modules wat deel vorm van bogenoemde krediete gedruip het nie (modules wat betyds gestaak is, uitgesluit) en ook nie indien die student minder as 70% vir die miniverhandeling behaal het nie.


Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences