Jaarboeke

Program: BScHons Bourekenkunde

Kindly take note of the disclaimer regarding qualifications and degree names.
Code Faculty
12242017 Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie
Credits Duration
Duur van studie: 1 jaar Totale krediete: 158
Contact:
Mr DJ Hoffman
[email protected]
+27 (0)124202551

Programinligting

Dit word verwag dat ’n student bo en behalwe bevredigende bywoning van lesings, vir ten minste 480 uur deeltyds in die kantoor van ’n geregistreerde bourekenaar werksaam sal wees met werk wat aan die vereistes vir registrasie ooreenkomstig die Wet op die Bourekenaarsprofessie voldoen. Daar sal van die student verwag word om ‘n diensrooster by te hou op die voorgeskrewe templaat.

Verwys na G Regulasies G.16 tot G.29 en G.54.

Toelatingsvereistes

'n Persoon mag nie as 'n kandidaat vir die graad toegelaat word nie, tensy hy of sy:

(a) 'n gegradueerde van die BSc in Bourekenkunde-graad van hierdie Universiteit; of
(b) die houer van 'n drie-jaar baccalaureusgraad van hierdie, of enige ander universiteit erken vir die doel deur die departementshoof as gelykstaande aan die BSc in Bourekenkunde-graad van hierdie Universiteit; of
(c) in enige ander wyse bereik 'n vlak van bekwaamheid wat na die mening van die hoof van die departement is voldoende vir die doel van toelating.

Addisionele vereistes

Keuring is gebaseer op die aansoeker se akademiese rekord en ondervinding. Van aansoekers kan verwag word om vir ‘n onderhoud te kom en/of ‘n toelatingseksamen af te lê.

Eksamens en slaagvereistes

Ten einde tot die eksamen in ’n betrokke module toegelaat te word, word ’n semester-/jaarpunt van minstens 40% vereis. Verder moet aan alle ander eksamentoelatingvereistes voldoen word, soos van toepassing op ’n betrokke module.

Hereksamens

Geen hereksamens sal op nagraadse vlak toegestaan word nie.

pesiale eksamens

Geen spesiale eksamens sal op nagraadse vlak toegestaan word nie.

Voldoening aan graadvereistes

Die graad word toegeken indien alle voorgeskrewe modules geslaag is.

Slaag met lof

Die graad word met lof toegeken aan ’n student wat vir die eerste maal vir de graad geregistreer het, en die graad voltooi het binne die minimum voorgeskrewe tydperk en in al die modules geslaag het met ? geweegde gemiddelde van minstens 75% (uitgesluit POU 700).

Minimum krediete: 158

Kernmodules


Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences