Jaarboeke

Baccalaureus Honores-graad (G.16.-G.29)

II.          BACCALAUREUS HONORES-GRAAD (G.16-G.29)

G.16    TOELATING

           1.   Behoudens die bepalings van G.1.3 en G.54, word ’n kandidaat slegs tot die studie vir die baccalaureus honores-graad toegelaat, indien hy of sy in besit is van ’n baccalaureusgraad.

            2.   ’n Kandidaat kan deur die departementshoof toelating tot ’n baccalaureus honores-graad geweier word, indien hy of sy nie aan die standaard van bekwaamheid in die vak, soos deur die departement bepaal, voldoen nie, met dien verstande dat ’n kandidaat wat nie aan die vereiste bekwaamheid voldoen nie, toegelaat kan word op voorwaarde dat addisioneel ooreengekome studieopdragte voltooi en/of eksamens afgelê moet word.

           3.   ’n Kandidaat wat toelating tot ’n baccalaureus honores-graad geweier is, kan die dekaan versoek dat sy of haar aansoek om toelating ingevolge die voorgeskrewe prosedure heroorweeg moet word.

G.17    REGISTRASIE

           Die bepalings van G.2 is met die nodige veranderinge van toepassing.

G.18    HERNUWING VAN REGISTRASIE

1.   Die bepalings van G.3.1 is met die nodige veranderinge van toepassing.

2.   Behoudens uitsonderings wat die dekaan op aanbeveling van die departementshoof goedkeur en, in die geval van afstandonderrig waar die dekaan die toepaslike bepalings formuleer, kan ’n student hom of haar nie meer as twee maal vir die baccalaureus honores-eksamen in dieselfde vak aanmeld nie.

3.   ’n Student vir ’n baccalaureus honores-graad moet sy of haar studie, in die geval van voltydse studente, binne twee jaar voltooi, en in die geval van na-uurse studente, binne drie jaar na die eerste registrasie vir die graad, en in die geval van afstandonderrigstudente binne die tydperk wat die dekaan bepaal, met dien verstande dat die dekaan op aanbeveling van die departementshoof in buitengewone omstandighede ’n vasgestelde beperkte verlenging van die tydperk kan goedkeur.

G.19    BEËINDIGING VAN REGISTRASIE

            Die bepalings van G.4 is met die nodige veranderinge van toepassing.

G.20    TOEPASSING VAN OU EN NUWE REGULASIES

            Die bepalings van G.5 is met die nodige veranderinge van toepassing.

G.21    GELYKTYDIGE REGISTRASIE VIR TWEE STUDIERIGTINGS

            Die bepalings van G.6 is met die nodige veranderinge van toepassing.

G.22    MINIMUM STUDIETYDPERKE EN VEREISTES VIR BACCALAUREUS HONORES-GRADE

 1.   (G.S.16) ’n Baccalaureus honores-graad word slegs aan ’n student toegeken indien aan die volgende minimum studietydperke voldoen is:

(a) Een akademiese jaar nadat die kwalifikasie verwerf is op grond waarvan toelating tot die studie verkry is.

(b) Waar ’n baccalaureus honores-graad gelyktydig met ’n baccalaureus-graad geneem word, een akademiese jaar bo en behalwe die minimum tydperk voorgeskryf vir die betrokke baccalaureusgraad, met dien verstande dat die Universiteit, in geval van uitsonderlike meriete, die minimum bywoningstydperk in ooreenstemming met die Gemeenskaplike Statuut kan verkort.

2.   Benewens die bepalings van G.22.1, word ’n baccalaureus honores-graad slegs aan ’n student toegeken, indien voldoen word aan al die vereistes in fakulteitsregulasies neergelê.

G.23    ERKENNING VAN MODULES

 1.   [G.S.18(3)] Behoudens die bepalings van G.22.1, G.23.2 en die Gemeen-skaplike Statuut, kan ’n dekaan modules wat geslaag is by ’n ander tersiêre inrigting of by hierdie Universiteit in ’n ander departement as die waarin die honneursstudie onderneem word, erken vir ’n ander baccalaureus honores-graad, met dien verstande dat ten minste die helfte van die vereiste modules vir die betrokke graad aan hierdie Universiteit bygewoon en geslaag moet word.

2.   Indien daar oorvleueling in die kursusinhoude van die graad waarvoor die student wil inskryf of ingeskryf is en die graad wat reeds toegeken is, voorkom, mag die dekaan nie enige modules wat deel is van die graad wat reeds toegeken is, erken nie.

G.24    VEREISTES VIR EKSAMENTOELATING, BEVORDERING TOT ’N VOLGENDE STUDIEJAAR OF PROMOVERING IN ’N MODULE EN BYWONINGS-MODULES

Die bepalings van G.10 is met die nodige veranderinge van toepassing.

G.25    JAAR- EN SEMESTERPUNTE

Die bepalings van G.11 is met die nodige veranderinge van toepassing. 

 G.26    EKSAMENS

1.   Eksamens en navorsingsverslae

  1. Die eksamen vir ’n baccalaureus honores-graad bestaan uit vraestelle of vraestelle en ’n navorsingsverslag en kan mondeling en/of skriftelik afgeneem word.
  2. Die aard en omvang van eksamens word deur die dekaan op aanbeveling van die departementshoof vasgestel.
  3. Navorsingsverslae word voorberei en geëksamineer volgens die voorskrifte in fakulteitsregulasies neergelê.
  4. ’n Skriftelike eksamen vir ’n baccalaureus honores-graad vind plaas gedurende die eksamentydperke soos jaarliks aangekondig.
  5. ’n Mondelinge baccalaureus honores-eksamen mag op ’n ander tyd as die goedgekeurde tydperke vir skriftelike eksamens afgeneem word, mits dit deur die departementshoof in oorleg met die dekaan gereël word.

            2.   Slaagvereistes

                   Die bepalings van G.12.2 is met die nodige veranderinge van toepassing.

            3.   Aanvullende eksaminering, hereksamens, buitengewone eksamens en spesiale eksamens

                   Die bepalings van G.12.3 tot G.12.6 is met die nodige veranderinge van toepassing.

G.27    EKSAMINATORE

             Die bepalings van G.13 is met die nodige veranderinge van toepassing.

G.28    HERNASIEN VAN EKSAMENANTWOORDSTELLE

Die bepalings van G.14 is met die nodige veranderinge van toepassing.

G.29    VOLDOENING AAN GRAADVEREISTES EN GRAADVOORREGTE

Die bepalings van G.15 is met die nodige veranderinge van toepassing.


Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences