2.17 VERKEERS- EN PARKEERREGLEMENTE
Verkeers- en parkeerreglemente van die Universiteit van Pretoria.
A. WOORDOMSKRYWING - VERKEERS- EN PARKEERREGLEMENTE
Vir die doeleindes van hierdie reglemente geld die volgende woordomskrywings:
'n Grondpad of geteerde pad wat deur die Universiteit op 'n Universiteitsterrein geskep is vir die gebruik van motorvoertuie/trapfietse.
2. Amptelike parkeerterrein/-plek
'n Terrein/plek wat ingerig is vir die parkering van motorvoertuie en trapfietse en aldus aangedui is. Die parkeerterreine van die Hoofkampus word op die Universiteitskaart asook by die onderskeie terreine aangedui met 'n H en 'n nommer. Die Suidkampus word met 'n S en die nommer aangedui, Groenkloofkampus met 'n G en die nommer en Onderstepoort, die Mediese kampus en Mamelodi word met 'n P en die nommer aangedui.
3. Besoeker
Iemand wat nie 'n personeellid, kontrakteur of student van die Universiteit is nie.
4. Fietsloods
'n Parkeerplek vir motorfietse en trapfietse en wat as sodanig deur 'n parkeertekenbord aangedui is.
5. Gemagtigde beampte
'n Verkeersbeampte of ander personeellid van die Departement: Veiligheidsdienste of kontrakteur wat gemagtig is om toegangsbeheer of sekuriteit op Universiteitsterreine toe te pas.
6. Personeel-/studentekaart
Identiteitskaart uitgereik deur die Universiteit.
7. Motorfiets
Enige selfaangedrewe of semi-selfaangedrewe motorvoertuig met twee wiele (met of sonder 'n syspan.)
8. Motorvoertuig
Enige selfaangedrewe of semi-selfaangedrewe motorvoertuig. Enige sleepwa.
9. Padverkeersteken
Enige parkeer- en verkeersreëlingsteken, inligtingteken, gevaar-waarskuwingsteken, ryvlakstreep en -merk wat kragtens die Pad-verkeerswet van krag is, met dien verstande dat die Universiteit sy eie afmetings, afstande en hoogtes met die oprig van verkeerstekens en afmerk van ryvlakstrepe en -merke gebruik.
10. Padverkeerswet
Artikel 93(1) van die Nasionale Padverkeerswet 93 van 1996 wat in die Republiek van Suid-Afrika van krag is.
11. Padwaardig
'n Gelisensieerde voertuig wat in ooreenstemming met die voorskrifte van die Padverkeerswet padwaardig is.
12. Parkeerskyfie
'n Kenteken wat op aanvraag deur die Kliëntedienssentrum (KDS) van die Universiteit aan 'n personeellid of student uitgereik word. Die parkeer-skyfie moet op die voorruit van 'n voertuig op 'n sigbare plek vasgeplak word. Dit mag nie aan 'n ander persoon oorgedra of namens 'n ander persoon aangevra word nie.
13. Personeellid
Enige Raadslid of persoon wat permanent of deeltyds in diens van die Universiteit is.
14. Raad
Die Raad van die Universiteit van Pretoria.
15. Student
Enige voltydse, nauurse of deeltydse geregistreerde student van die Universiteit.
16. Kontrakteur
Enige persoon of maatskappy wat kontraktueel aangestel is deur die Universiteit.
17. Universiteit
Die Universiteit van Pretoria.
18. Universiteitsterrein
Enige terrein wat deur die Universiteit besit of gehuur word of onder sy beheer is.
19. Verkeersbeampte
Enige personeellid wat deur die Direkteur: Departement Veiligheids-dienste benoem is om verkeerbeheer vir die Universiteit uit te oefen.
20. Onderdakparkering
Enige motorafdak wat deur die Universiteit opgerig is of waarvoor goedkeuring vir oprigting verleen is.
21. Parkering vir persone met gestremdhede
Toedelings vind plaas in oorleg met die volgende wetgewing:
i) “The South African Constitution of 1996. According to the bill of Rights Chapter 2 “everyone is equal (9.1) .. and may not be unfairly discriminated against...on the ground (of) race, gender (or) disability...(9.3). Everyone has inherent dignity and the right to have their dignity respected and protected (1). Everyone has the right to an environment that is not harmful to their health or wellbeing (24).
ii) The Employment Equity Act of 1998. According to Chapter III “Affirmative action measures implemented by a designated employer must inculde: (a) measures to identify and eliminate employment barriers, including unfair discrimination, which adversely affect people from designated groups. ...(c) making reasonable accommodation for people from designated groups in order to ensure that they enjoy equal opportunities and are equitably represented in the workforce of a designated employer.”
B. ALGEMENE INLIGTING
Optrede luidens tugbepalings van die Universiteit van Pretoria asook kriminele klagtes vir oortredings ingevolge die Wet op Beheer van Toegang tot Openbare Persele en Voertuie (Wet 53 van 1985).
b. Besoekers
Kriminele klagtes vir die oortredings ingevolge die Wet op Beheer van Toegang tot Openbare Persele en Voertuie (Wet 53 van 1985).
c. Kontrakteurs
Optrede luidens tugbepalings van die Universiteit van Pretoria asook kriminele klagtes vir oortredings ingevolge die Wet op Beheer van Toegang tot Openbare Persele en Voertuie (Wet 53 van 1985).
C. TOEGANG TOT UNIVERSITEITSTERREINE
Toegang tot Universiteitsterreine deur motorvoertuie, voetgangers en trapfietse is te alle tye onderhewig aan die bepalings van die Wet op Beheer van Toegang tot Openbare Persele en Voertuie (Wet 53 van 1985), wat onder andere bepaal dat ’n gemagtigde beampte van ’n personeellid, student of besoeker wat toegang tot ’n Universiteitsterrein verlang, kan vereis dat :
Waar 'n gemagtigde beampte van die Universiteit toestemming aan 'n persoon/ persone verleen het om die Universiteit te betree, kan hy dit onderhewig maak aan sekere voorwaardes, byvoorbeeld
· dat so 'n persoon 'n identiteitskaart (of enige ander bewys van toestemming) moet dra of vertoon tydens die duur van so 'n persoon se besoek of verblyf op die Universiteitsterrein;
· dat so 'n persoon slegs sekere dele of plekke op die terrein mag betree;
· dat so 'n persoon beperk of verbied kan word ten opsigte van sekere persone op die terrein met wie hy/sy nie in aanraking mag kom nie en/of;
· dat so 'n persoon beperk kan word tot 'n tydsduur wat hy/sy op die perseel mag vertoef.
· dat die persoon se motorvoertuig of trapfiets te eniger tyd, indien dit vir die beveiliging van die Universiteitsterrein of mense daarop nodig geag word, verskuif of van die Universiteitsterrein verwyder word.
2. Personeel
(a) Permanent-voltydse, permanent-deeltydse en tydelik-voltydse personeel kwalifiseer vir voldag parkering op alle kampusse.
(b) Indien 'n personeellid nie kwalifiseer vir voldagparkering op die Hatfieldkampus nie, kan aansoek gedoen word vir parkering op die buitekampusse naamlik, Groenkloof, Onderstepoort, Mamelodi, Prinshof en LC de Villiers.
(c) Indien 'n personeellid in besit is van 'n geldige parkeerskyfie vir die betrokke jaar, sal die personeelkaart geaktiveer wees vir die betrokke motorhekke. 'n Personeellid moet sy/haar personeelkaart gebruik om die motorhekke te aktiveer.
(d) Ter wille van die gerief van personeellede wat twee motors besit, kan 'n tweede parkeerskyfie uitgereik word onderworpe daaraan dat:
(e) As gevolg van die parkeerdrukte wat op sekere terreine ondervind word, is die Universiteit genoodsaak om beperkte sonering toe te pas en 'n personeellid mag slegs parkeer op die terrein(e) waartoe die parkeerskyfie hom/haar magtig.
(f) ’n Voertuig mag slegs op afgemerkte parkeerplekke op die terrein geparkeer word. Besoekersparkeerplekke mag slegs deur besoekers gebruik word. Motorfietse mag slegs geparkeer word op terreine wat spesifiek vir die doel beskikbaar gestel en afgemerk is.
(g) Die Universiteit se verkeerstekens en -reëls moet te alle tye nagekom word. (Oortreders stel hulle bloot aan dissiplinêre maatreëls soos neergelê deur die Universiteit.)
(h) Toegang tot die Universiteitsterrein vind op eie risiko plaas.
(i) Wanneer 'n personeellid die diens van die Universiteit verlaat, moet die parkeerskyfie in sy/haar besit aan die Direkteur: Departement Veiligheidsdienste, terugbesorg word.
(j) 'n Personeellid aan wie 'n onderdakparkeerplek op enige van die Universiteit se kampusse toegeken is, mag sy of haar voertuig slegs op die toegekende plek parkeer, by versuim waarvan dissiplinêr teen die persoon opgetree kan word.
(k) Parkerings wat gemerk is vir persone met gestremdhede is uitsluitlik vir gebruik deur sodanige persone.
3. Studente
Motorvoertuie van studente word nie tussen 06:00 en 16:30 op weeksdae tot die Hoofkampus toegelaat nie en derhalwe ook nie om aldaar te parkeer nie. Voorgraadse studente mag vanaf 16:30 op kampus parkeer. Honneurs- en magisterstudente mag vanaf 14:00 op kampus parkeer. Doktorale studente mag voldag op die kampus parkeer.
b Studenteparkeerareas (Hoofkampus)
Motorvoertuie van studente word slegs tot parkeerterreine wat vir studente voorsien word, toegelaat. 'n Gemagtigde beampte mag te eniger tyd iemand wat op hierdie parkeerterreine parkeer, versoek om sy studentekaart te toon. H29, H30 en H17 is voorsien vir dagstudente-parkering.
c Onderstepoort, Groenkloof, Prinshof, Mamelodi en die LC de Villiersterrein
Studente word op aanvraag van 'n parkeerskyfie voorsien en kry op grond daarvan asook hul studentekaarte toegang tot die terrein. Alle studente wat die terrein verlaat moet op aanvraag hul studentekaarte aan die gemagtigde beampte toon.
4. Universiteitsvoertuie
Universiteitsvoertuie word tot Universiteitsterreine toegelaat en uitgelaat op grond van die ID-kaart van die bestuurder, soos uitgereik deur die vervoerafdeling, indien hy ’n personeellid is. Ander Universiteitsvoertuie word slegs toegelaat en uitgelaat op grond van ’n magtigingsbrief deur die betrokke afdelings-/departementshoof en stawing van die identiteit van die bestuurder van die betrokke voertuig. Bestuurders van amptelike UP-voertuie wat in ’n botsing betrokke is, moet onverwyld die insident aanmeld by die Departement Veiligheidsdienste se 24-uur Operasionele Bestuursentrum (012 420 2310), vervoerafdeling (012 420 2757) asook by die SAPD.
5. Besoekers
Besoekers mag slegs op aangewese besoekersparkeerareas parkeer en nie onder motorafdakke nie.
6. Kontrakteurs
’n Kontrakteur se motorvoertuig word slegs op die Universiteitsterreine toegelaat indien die voertuig ’n parkeerskyfie het en die skyfie op ’n sigbare plek op die voertuig vertoon is.
E. PARKEERREGULASIES
Benewens bogenoemde algemene bepalings, geld die volgende spesifieke reëlings by die onderskeie terreine (ook gedurende na-ure en vakansies):
(i) Hatfieldkampus
· Motorvoertuie en motorfietse van studente word nie tot die Hoofkampus toegelaat nie, tensy ? geldige parkeerskyfie getoon kan word. Toegang word wel verleen na 16:30.
· Parkeerterreine H17, H29 en H30 is aan studente toegewys. Motors van studente word ten alle tye tot hierdie parkeerterreine en tot geoorloofde parkeerplekke langs die strate toegelaat wanneer ? geldige studentekaart aan die beampte getoon word.
· Parkeerterreine H20, H18 en H31 is slegs toeganklik vir motors van inwoners van die dameskoshuise met parkeerskyfies.
· Motorfietse en fietse mag slegs in fietsloodse geparkeer word.
(ii) Prinshofterrein
· Motorvoertuie van studente verbonde aan die Fakulteit Gesondheidswetenskappe word op grond van ’n parkeerskyfie en die studentekaart tot die terrein toegelaat. Wanneer ’n student met ’n motorvoertuig by die toegangshekke uitry, moet hy of sy ook op versoek van ’n gemagtigde beampte sy of haar studentekaart toon. Alle ander studente word slegs as besoekers toegelaat.
· P3101 en P3103 is slegs vir studente.
· P3104 is vir personeellede en studente afgebaken volgens die toepaslike aanwysingsborde.
· Motorfietse en fietse mag slegs in fietsloodse of ander terreine/plekke daarvoor voorsien geparkeer word.
· Kliniese terrein: Geen studentemotors word hier toe-gelaat nie. Motorfietse en trapfietse kan toegang tot die fietsloods vir studente verkry.
(iii) Fakulteit Veeartsenykunde
· Studente word op aanvraag van 'n parkeerskyfie voorsien en kry op grond daarvan asook op grond van hul studentekaart toegang tot die terrein. Alle studente wat die terrein verlaat, moet op aanvraag hul studentekaart aan die gemagtigde beampte toon.
· Parkering, oos van die Sir Arnold Theilergebou (V3), is aan studente toegewys.
· Motorfietse en fietse mag slegs in fietsloodse of ander terreine/plekke daarvoor voorsien, geparkeer word.
(iv) Sportkampus
· Parkering is beperk tot amptelike parkeerterreine.
· Parkering teen walle en op sportvelde is verbode.
(v) Mamelodikampus
Al die reëls en regulasies wat geld vir die Universiteit van Pretoria is met die nodige veranderinge van toepassing.
(vi) Koshuisterreine
Koshuisinwoners parkeer ooreenkomstig die parkeerreëlings soos uiteengesit in die Koshuisreglement wat as ’n addendum tot hierdie reglement beskou word. Hulle moet self toesien dat hulle die koshuisreglement bekom.
(vii) Groenkloofkampus
Al die reëls en regulasies wat geld vir die Universiteit van Pretoria is met die nodige veranderinge van toepassing.
(b) Motorfietse
· Personeellede mag hul motorfietse in fietsloodse en op ander plekke wat op Universiteitsterreine vir motorfietse uitgemerk is, parkeer.
· Studente se motorfietse mag slegs in fietsloodse of op ander terreine/plekke wat spesifiek vir motorfietse van studente voorsien is, geparkeer word.
(c) Trapfietse
· Trapfietse mag slegs in fietsrakke, wat in fietsloodse en op ander terreine/plekke voorsien is, geplaas word.
· Trapfietse wat op ander plekke gelaat word, word op koste en risiko van die eienaar na die Direkteur: Departement Veiligheidsdienste geneem. Oortreders word ooreenkomstig die Tugbepalings van die Universiteit behandel.
· Trapfietse wat nooddeure versper of teen veiligheidshekke vasgesluit word, word op koste en risiko van die eienaar na die Direkteur: Departement Veiligheidsdienste geneem.
· Trapfietse wat nie binne drie maande opgeëis word nie, word verbeurd verklaar en deur die Universiteit verkoop.
3. Tydelike strukture
Geen tydelike strukture wat as motorafdakke dien, word op die Universiteit se terreine toegelaat nie.
4. Besoekers
Besoekers mag slegs op besoekersparkering stilhou.
F. VERWYDERING OF BESKADIGING VAN PADVERKEERS- EN INLIGTING-TEKENS
Die verwydering of beskadiging van padverkeers- en inligtingstekens is ’n ernstige oortreding waarvoor geen skulderkenning aanvaar word nie, omdat dit aanleiding kan gee tot ernstige ongelukke waardeur mense beseer kan word of selfs hul lewens kan verloor. Indien so ’n persoon betrap en aangekla word, verskyn hy of sy direk in die hof.
G. AANSOEK DEUR PERSONE OF INSTANSIES MET BETREKKING TOT DIE GEBRUIK VAN STADSRAADSEIENDOM
Indien enige padwedloop, skattejag, fietswedren of enige ander verrigting op ’n openbare pad gehou word of waar die Metroraad se lugruim gebruik word, moet die Stadsraad se toestemming vooraf verkry word.
H. OORTREDING VAN VERKEERS- OF PARKEERREGULASIES
1. Nie-nakoming van die verkeers- en parkeerregulasies van die Universiteit is ’n oortreding. Sulke oortreders stel hul bloot aan optrede ingevolge die Tugbepalings van die Universiteit, asook kriminele klagtes vir oortredings ingevolge die Wet op Beheer van Toegang tot Openbare Persele en Voertuie, 1985 (Wet 53 van 1985)
2. Die volgende geld as parkeer- of verkeersoortredings waarvoor boetes* soos aangedui opgelê kan word:
(a) Oortredings met motorvoertuie (insluitend motorfietse, bromponies en kragfietse):
Parkering op kampus sonder ’n geldige parkeerskyfie | R50 |
Parkering in ryvlakke en voor hekke asook plekke waar parkering nie toegelaat word, bv. plaveisel | R50 |
Dubbelparkering | R50 |
Parkering op gereserveerde parkering en laaisones | R50 |
Misbruik van parkeerskyfie | R50 |
Parkering op grasperke en sportterreine | R50 |
Parkering op plekke gereserveer vir gestremdes | R80 |
Alle oortredings met trapfietse | R15 |
Nie stop by stopstrate | R60 |
* Hierdie bedrae is onderhewig aan verandering.
b. Trapfietse wat op ander plekke gelaat word as wat spesifiek daarvoor voorsien word, word op koste en risiko van die eienaar verwyder en na die Departement Veiligheidsdienste geneem, en die Universiteit sal nie aanspreeklik wees vir enige skade wat vir die eienaar hieruit mag voortvloei nie. Trapfietse wat nie binne drie maande opgeëis word nie, word verbeurd verklaar en deur die Universiteit verkoop.
c. Verwydering of beskadiging van padverkeers- en inligtings-aanduidings is ’n ernstige oortreding, waarvoor geen skulderkenning aanvaar sal word nie.
* Waar ’n boete soos hierbo aangedui, opgelê word kan vertoë aan die Direkteur: Departement Veiligheidsdienste gerig word. Indien ’n persoon nie tevrede is met die uitslag van die vertoë nie, kan hy of sy ’n verhoor deur die Verkeerstribunaal aanvra ten einde die beweerde oortreding te bereg. Appèl teen ’n beslissing van die Verkeerstribunaal kan binne 10 dae nadat uitspraak gelewer is, by die Komitee vir Dissipline (Studente) aangeteken word.
(d) Vertoës ontvang ten opsigte van oortreding van parkering op plekke gereserveer vir gestremdes sal nie oorweeg word nie.
3. Die bestuurder van die voertuig word ook in die dokument ingelig oor die feit dat indien hy of sy nie betyds op die kennisgewing reageer nie, die Verkeerstribunaal ook die opsporingskoste en ’n boete vir versuim om te reageer mag hef.
4. Terselfdertyd word ’n afskrif van genoemde dokument aan die amptenaar by wie die boete inbetaal moet word, verskaf. Genoemde amptenaar hou ’n register van alle parkeer- of verkeersoortredings waarin die besonder-hede van die betaling van enige boetes aangeteken word, asook van vertoë wat ten opsigte van enige oortredings ontvang is en die uitslag van genoemde vertoë.
5. Die Direkteur: Departement Veiligheidsdienste oorweeg die vertoë
b. Die persoon word ook ingelig dat, indien hy of sy nie met die uitslag van die vertoë tevrede is nie, ’n verhoor voor die Verkeerstribunaal versoek kan word om die beweerde oortreding te bereg. Die persoon moet sonder versuim te kenne gee of sodanige verhoor versoek word al dan nie.
c. Indien die persoon ’n verhoor versoek, word ’n datum vir die verhoor bepaal en ’n dokument, mede-onderteken deur die Direkteur: Departement Veiligheidsdienste of sy gemagtigde en die persoon word aan die persoon oorhandig, in welke dokument die persoon ingelig word van die datum, tyd en plek van sy verhoor deur die Verkeerstribunaal.
d. Indien ’n boete nie voor die datum wat ingevolge paragraaf I.2 of paragraaf I.5(a)(iii) bepaal is, betaal is nie, stel die Direkteur: Departement Veiligheidsdienste, die Verkeerstribunaal daarvan in kennis.
6. Verkeerstribunaal
(i) om die boete wat die persoon opgelê is te verhoog, te bevestig of te verminder en om betaling voor of op ’n sekere datum te gelas;
(ii) om die persoon kwyt te skeld van die betaling van die boete;
(iii) om ’n boete tot ’n maksimum, soos in paragraaf I.7(d) bepaal op te lê vir die nie-nakoming van ’n bevel ingevolge I.6(b)(i) hierbo, of vir nalating om voor die Verkeerstribunaal te verskyn op ’n dag wat vir die verhoor bepaal is, of vir enige optrede wat neerkom op minagting van die Verkeerstribunaal.
(iv) om die opsporingskoste en ’n boete op te lê vir versuim om te reageer op die dokument gemeld in paragraaf I.1-4 [die maksimum van hierdie boete word bepaal in paragraaf I.7(d)]; of
(v) om indien ’n persoon voortgaan om verkeersoortredings te begaan, ’n klag van wangedrag by die Verkeerstribunaal aanhangig te maak.
c. Die prosedure voor die Verkeerstribunaal is inkwisitories van aard en reëls van die Bewysreg word nie toegepas nie.
d. Regsverteenwoordiging en kruisverhoor word nie toegelaat nie.
e. Die Universiteitsowerheid word verteenwoordig deur die Direkteur: Departement Veiligheidsdienste, of ’n persoon deur laasgenoemde aangewys.
f. Die Verkeerstribunaal kan op versoeke van enige belanghebbende persoon, enige getuie aanhoor.
g. Die Verkeerstribunaal kan onder die omstandighede gemeld in paragraaf I.7(a) ’n student in sy afwesigheid verhoor.
h. Alle getuies word onder eed of ’n plegtige verklaring om die waarheid te praat, ondervra.
i. Die verrigtinge voor die Verkeerstribunaal word op band opgeneem en vir ’n periode van een jaar na die hofsitting bewaar.
j. Die beslissing van die Verkeerstribunaal kan deur interne appèl na die Komitee vir Dissipline geneem word binne 10 dae na die uitspraak deur die Verkeerstribunaal gelewer is deur die gronde waarop geappelleer word skriftelik by die Registrateur in te dien.
k. Sitting van die Verkeerstribunaal vind in die openbaar plaas, tensy die Verkeerstribunaal op goeie gronde die teendeel gelas.
7. Afwesigheid
8. Parkeerreservering
Geen parkeerreserverings sal vir individue gedoen word nie. Terreine sal slegs vir universiteitsaksies, bv. Gradeplegtighede, gereserveer word.
In die geval van enige ander groter aksies waar parkeer- en verkeerbeheerreëlings getref moet word, sal so 'n diens deur die betrokke instansie of departement bekostig moet word, aangesien ekstra persone in diens geneem moet word teen oortydbetaling. Reëlings in hierdie verband moet ten minste twee (2) dae vooraf getref word.
Copyright © University of Pretoria 2025. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App