(a) Die reglement vir amptelike toere wat deur studente van die Universiteit van Pretoria onderneem word, bepaal die organisering, goedkeuring en effektiewe beheer van amptelike toere, ekskursies of uitstappies van studente buite die grense van Pretoria wat deur studente self, werknemers van die Universiteit van Pretoria of ’n Universiteitsinstansie georganiseer word en waaraan die naam van die Universiteit van Pretoria gekoppel is.
(b) Amptelike toere word in drie kategorieë verdeel, naamlik akademiese toere, studentetoere en sporttoere.
(c) Die Universiteitsowerheid behou die reg om tydens of na ’n toer tugstappe ooreenkomstig die Reëls en Regulasies van die Universiteit van Pretoria, teen toerouer(s) en/of toerbesture en/of toerlede in te stel.
(Die reglement is op aanvraag by die VSR beskikbaar.)
Copyright © University of Pretoria 2025. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App