1. Algemene uitgangspunt
As algemene uitgangspunt geld dat studente van die Universiteit van Pretoria se optrede te alle tye, dit wil sê ook by enige sportbyeenkoms – Intervarsity ingesluit – sodanig moet wees dat die beeld en goeie naam van die Universiteit nie ten nadele in die gedrang gebring word nie.
In hierdie verband word 'n intervarsity nie as 'n voortsetting van Jool beskou nie, maar 'n byeenkoms in eie reg met 'n lang en trotse tradisie.
2. Alle sportbyeenkomste
(a) Die optrede van 'n student mag nie van so 'n aard wees dat die normale verloop van die betrokke sportaktiwiteit daardeur in die wiele gery of enigsins ontwrig word nie.
(b) Geen toeskouer mag sonder magtiging die speelveld betree nie ongeag of die betrokke sportaktiwiteit aan die gang is of nie.
(c) Alkoholmisbruik is streng verbode. Geen glasbottels en/of blikkies mag in die sportstadions ingebring word nie.
(d) Geen gevaarlike wapens of voorwerpe soos in paragraaf 2.12 hieronder uiteengesit word in sportstadions toegelaat nie.
(e) 'n Toeskouer moet hom of haar onderwerp aan die gesag van die persoon wat deur die Universiteit of TuksSport aangestel is om die orde te handhaaf en moet hulle neerlê by enige billike reëling wat deur so 'n persoon getref word met die oog op die dissipline van die groep toeskouers.
(f) Onwelvoeglike optrede en taalgebruik is verbode.
Copyright © University of Pretoria 2025. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App