Elke student is verantwoordelik vir die veilige bewaring van sy/haar studentekaart. ’n Studentekaart mag slegs gebruik word deur die geregistreerde student aan wie die kaart uitgereik is. ? Studentekaart mag nie misbruik word nie, en die kaarthouer moet voorsorg tref dat die kaart nie op ? wyse aangewend word wat ? sekuriteitsrisiko vir die Universiteit inhou nie, bv deur dit uit te leen, te deel of aan iemand anders te gee nie. Indien ? student nie meer ? geregistreerde student aan die Universiteit van Pretoria is nie, mag die studentekaart wat aan die betrokke student uitgereik is vir geen doel hoegenaamd gebruik word nie.
Copyright © University of Pretoria 2025. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App