Jaarboeke

Nie-nakoming van reëls en regulasies

1.   'n Student se nie-nakoming van die reëls en regulasies van die Universiteit stel wangedrag daar en sal ingevolge die bepalings van die Dissiplinêre Kode: Studente hanteer word. Terwyl 'n dissiplinêre ondersoek teen 'n student aan die gang is, word 'n blok teen die betrokke student se naam of rekord aangebring. Die blok sal die student se toegang tot sy of haar akademiese rekord beperk en aandui watter afdeling of departement gekontak moet word.

 2. Die nie-nakoming van ’n student se finansiële verpligtinge teenoor die Universiteit is nie wangedrag soos bedoel in die dissiplinêre kode en prosedure van die Universiteit nie. Die Universiteit behou egter die reg voor om:

             (a) rente te hef op onbetaalde bedrae teen 'n rentekoers gelykstaande aan dié van die primakoers van die Universiteit se bankiers soos op 1 Februarie van die betrokke jaar, en om die student aanspreeklik te hou vir hierdie bedrae;

             (b) 'n student se finale punte te weerhou;

             (c) registrasie vir 'n volgende termyn te weier;

             (d) toelating tot eksamen te weier;

             (e) toelating tot lesings en praktiese sessies te weier;

             (f) die student 'n gedragsertifikaat te weier;

             (g) die student se akademiese rekord te weerhou;

             (h) die student se graad-/diplomasertifikaat te weerhou;

             (i) die student toegang tot akkommodasie in 'n koshuis te weier;

             (j) hom/haar toegang tot etes in 'n koshuis te weier;

             (k) 'n student se akkommodasie in 'n koshuis te beëindig;

             (l) die skuld by 'n kredietburo te lys;

       (m) die rekening te oorhandig aan die Universiteit van Pretoria se prokureurs of skuldinvorderaars vir die invordering van die uitstaande klasgelde in welke geval die student aanspreeklik gehou sal word vir die kostes wat aangegaan is.

Let wel: Nie-nakoming van 'n student se finansiële verpligtinge ontneem nie die student van sy/haar reg tot insae in eksamenantwoordstelle ingevolge Algemene Regulasie G.14 nie.


Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences