Ingevolge die Universiteit van Pretoria se Gedragskode vir die hantering van Seksuele teistering asook die Beleid oor Onbillike Diskriminasie op grond van Ras, streef die Universiteit daarna om 'n nie-seksistiese, nie-rassige en nie-diskriminerende woon- en leeromgewing vir elkeen van sy studente daar te stel.
Studente wat hulle aan seksuele teistering en/of onbillike diskriminasie op grond van ras skuldig maak, kan dissiplinêr verhoor en by skuldigbevinding van die Universiteit geskors word.
Seksuele teistering is onwelkome gedrag van ‘n seksuele aard wat die regte van ‘n student skend en gelykheid binne die Universiteitsgemeenskap verhinder, terwyl onbillike diskriminasie op grond van ras 'n student se reg op 'n nie-rassige, nie-diskriminerende leer- of woonomgewing aantas.
Die Universiteit se beleide vir die hantering van seksuele teistering en onbillike diskriminasie op grond van ras, spel die prosedure uit wat 'n klaer in bogenoemde gevalle behoort te volg en kan soos volg voorgestel word:
PROSEDURE VIR DIE AANMELDING VAN ‘N SAAK WAT VERBAND HOU MET SEKSUELE TEISTERING EN/OF RASSEDISKRIMINASIE
1. Aanmelding/Klagte by Beskermingsbeampte*/Studenteraadslid*/lid van die Ondersteuningspaneel*
2. Konsultasie: Klaer met Beskermingsbeampte
3. Keuse: Mediasie of Dissiplinêre Prosedure
4. Indien Mediasie: Ooreenkoms OF
5. Indien geen Ooreenkoms tydens mediasie: Dissiplinêre Prosedure
* Studenteraadslid: (Tel: 012 366 9800)
* Beskermingsbeampte: Mev E Gardiner: Afdeling Regsdienste (Tel: 012 420 3073)
Toegang tot die Gedragskode vir die hantering van Seksuele teistering is beskikbaar by http://www.up.ac.za/media/shared/409/gedragskode-vir-die-hantering-van-seksuele-teistering.zp85250.pdf.
*Die name en kontakbesonderhede van lede van die Ondersteuningspaneel by wie klagtes aangemeld kan word, is by die beleid aangeheg.
24-uur krisislyn: Tel 012 420 2310 of 0800 006 428 (tolvry).
Die Beleid oor Onbillike Diskriminasie op grond van Ras is beskikbaar by http://www.up.ac.za/media/shared/409/onbillike-diskriminasie-op-grond-van-ras.zp85258.pdf.
Copyright © University of Pretoria 2025. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App