Jaarboeke

Program: BRadHons Stralingsterapie

Kindly take note of the disclaimer regarding qualifications and degree names.
Code Faculty
10247061 Fakulteit Gesondheidswetenskappe
Credits Duration
Duur van studie: 1 jaar

Programinligting

Studente wat op voorgraadse vlak (d.i. vanaf die tweede studiejaar) in Stralingsterapie gespesialiseer het, registreer volgens  hierdie leergang.

Toelatingsvereistes

 Behoudens die bepalings van die Algemene Regulasies, is die BRad-graad of gelykwaardige kwalifikasie in die betrokke spesialiseringsrigting, asook registrasie as Radiograaf by die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika 'n vereiste.

'n Student moet 'n voltydse pos vir hierdie doel beklee by 'n instansie wat deur die Departement goedgekeur word.

 

Addisionele vereistes

Alle studente moet registreer vir NVB 700 Navorsingsbeginsels.

Sien ook die Algemene Regulasies.

Eksamens en slaagvereistes

'n Tweede eksamengeleentheid kan in modules wat nie geslaag is nie, toegestaan word, ooreenkomstig die bepalings van die Skool vir Gesondheidsorgwetenskappe in die verband.

Slaag met lof

Die graad word met lof toegeken aan 'n student wat 'n gesamentlike gemiddelde van minstens 75% in al die modules vir die graad behaal het.


Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences