Jaarboeke

Program: NGDip Groepsaktiwiteite

Code Faculty
10220151 Fakulteit Gesondheidswetenskappe
Credits Duration
Duur van studie: 1 jaar

Toelatingsvereistes

- Behoudens die bepalings van die Algemene Regulasies is die BArb-graad of gelykwaardige kwalifikasie asook registrasie by die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika 'n vereiste.

- 'n Student moet tydens studie minstens in 'n deeltydse hoedanigheid 'n pos beklee wat deur die departementshoof as toepaslik vir die betrokke studierigting beskou word.

 

Eksamens en slaagvereistes

(i)      Toelating

'n Deurlopende evalueringspunt van minstens 50%, sowel as bevredigende klasbywoning, word vereis vir toelating tot die eksamen.

(ii)     Slaagvereistes

'n Subminimum van 50% moet in beide die skriftelike en die mondelinge/ praktiese gedeeltes van die eksamen behaal word, met ’n finale punt van minstens 50% om te kan slaag.

(iii)    Tweede eksamengeleentheid

Studente word ses maande nadat die oorspronklike eksamen afgeneem is, toegelaat tot enige tweede eksamen wat toegestaan is.

Slaag met lof

Die diploma word met lof uitgereik aan ’n student wat ’n gemiddelde van minstens 75% in alle voorgeskrewe modules behaal het.


Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2021. All rights reserved.

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences