Jaarboeke

Program: NGDip Huisartskunde

Kindly take note of the disclaimer regarding qualifications and degree names.
Code Faculty
10220122 Fakulteit Gesondheidswetenskappe
Credits Duration
Duur van studie: 1 jaar
Contact:
Dr RPG Botha
[email protected]
+27 (0)124203111

Toelatingsvereistes

Die voornemende student moet in besit wees van 'n MBChB-graad of gelykwaardige kwalifikasie. Suid-Afrikaanse kandidate moet by die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika en nie-Suid-Afrikaanse kandidate by die Lisensieraad van hul land van herkoms as 'n mediese dokter geregistreer wees en aanvaarbare dokumentêre bewys hiervan voorlê.

 

Ander programspesifieke inligting

Let wel: Geneeshere wat slegs een of meer modules wil voltooi, sal toegelaat word om slegs vir die betrokke module(s) te registreer.

Eksamens en slaagvereistes

Werkopdragte soos deur die Departementshoof voorgeskryf, moet vir elk van die agt modules ingehandig word. Indien ’n student nie minstens 50% behaal nie, word een herindiening vir elke module toegelaat.

Slaagvereiste

'n Finale punt van minstens 50% word vereis as ’n slaagpunt vir elke module.

Slaag met lof

'n Gemiddelde van minstens 75% word in die vier verpligte modules en die vier keusemodules vereis om die Diploma met lof te kan verwerf.


Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences