Code | Faculty |
---|---|
03133091 | Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe |
Credits | Duration |
---|---|
Duur van studie: 3 jaar | Totale krediete: 428 |
Minimum vereistes vir 2016 | ||||||||||||
Prestasievlak | ||||||||||||
Afrikaans of Engels | Wiskunde | Fisiese Wetenskap | TPT | |||||||||
NSC/IEB | HIGCSE | AS-Level | A-Level | NSC/IEB | HIGCSE | AS-Level | A-Level | NSC/IEB | HIGCSE | AS-Level | A-Level | |
5 | 3 | C | C | 5 | 3 | C | C | 5 | 3 | C | C | 30 |
Studente mag vir AIM 111 en AIM 121 in plaas van AIM 102 inskryf (dieselfde inhoud oor twee semesters versprei).
Lees in samehang met die Tweede jaar, eerste semester:
Studente wat spesialiseer in plantekologie/taksonomie: Vervang BCM 252 met GKD 250.
Studente wat belangstel om Plantkunde met Biochemie as ’n dubbelhoofvak te kombineer, moet [MBY 251 en ZEN 251] met [CMY282 en CMY 284] vervang.
Lees in samehang met die Tweede jaar, tweede semester:
Studente wat NIE spesialiseer in plantekologie/taksonomie nie: Vervang GLY 161 en GLY 162 met PLG 262 en ’n addisionele keusemodule uit [BCM 261 of BCM 262 of MBY 262, of ’n ander
12- krediet module op 200-vlak in oorleg met die Hoof van die Departement].
Studente wat spesialiseer in plantekologie/taksonomie: Neem ’n keusemodule van ten minste 8 krediete op 200-vlak uit [GIS 220 of GIS 221] of ’n ander module in oorleg met die Hoof van die Departement].
Spesialisering in Plantpatologie: Vervang ZEN 261 met PLG 262.
Studente wat belangstel om Plantkunde met Biochemie as ’n dubbelhoofvak te kombineer, moet [GLY161, GLY 162,
MBY 261 en ZEN 261] met [BCM 261, BCM 262, CMY283 en CMY 285 vir ’n totaal van 48 krediete] vervang.
Lees in samehang met die Derde jaar:
Spesialisering in Plantekologie: Studente neem geskikte keusemodules in die eerste semester en ZEN 364 (18 krediete) in die tweede semester..
Spesialisering in Plantpatologie: In die eerste semester, kies PLG 351 asook een van [ZEN 355 of MBY 355].
In die tweede semester, neem PLG 363 en vervang [BOT 365 of BOT 366] met ZEN 365.
Dubbelhoofvak – Plantkunde en Biochemie: Vervang BTC 361 om sodoende BCM 356, BCM 357, BCM 367 en BCM 368 te neem.
Dubbelhoofvak – Plantkunde en Genetika: Neem GTS 351, GTS 354 en GTS 367. Studente mag ook kies om BOT 366 met GTS 368 te vervang.
Dubbelhoofvak – Plantkunde en Mikrobiologie: Vervang BOT 366 om sodoende MBY 351, MBY 355, MBY 364 en MBY 365 te neem.
'n Student moet al die minimum voorgeskrewe en keusemodules slaag soos uiteengesit aan die einde van elke jaar in ‘n program asook die totale aantal vereiste krediete behaal om te voldoen aan die betrokke graadprogramvereistes. Verwys asseblief na die kurrikulum soos uiteengesit. Ten minste 144 krediete moet op 300-/400-vlak wees, of andersins soos aangedui deur die kurrikulum. Die minimum modulekrediete wat nodig is om te voldoen aan graadvereistes word uiteengesit aan die einde van elke studieprogram. Met betrekking tot die BSc-programme soos aangedui sal ’n maksimum van 150 krediete op 100-vlak erken word.
’n Student mag in konsultasie met die Hoof van die Departement en in oorleg en met die toestemming van die Dekaan, voorgeskrewe modules volg of vervang met modules wat nie aangedui is in die BSc- driejaarstudieprogramme nie en wat die ekwivalent of die maksimum van 36 modulekrediete is. Dit is egter wel belangrik dat die totale aantal voorgeskrewe modulekrediete binne die loop van die graadprogram voltooi word. Die Dekaan mag in die verband, en op aanbeveling van die Departementshoof, afwykings goedkeur. Met betrekking tot die BSc-programme soos aangedui mag ’n student nie vir meer as 75 modulekrediete per semester op eerstejaarvlak registreer nie. ’n Student word slegs in oorleg met en met toestemming van die Dekaan toegelaat om te registreer vir 80 krediete in die eerste semester gedurende die eerste jaar indien die student ’n finale punt van nie minder nie as 70% vir Graad 12 Wiskunde en ’n TPT van 34 of meer behaal het vir die NSS.
Studente wat alreeds in besit van ’n baccalaureusgraad is, kan nie erkenning kry vir modules waarvan die inhoud oorvleuel met modules van die graad wat reeds toegeken is nie. Verder sal krediete ook nie vir meer as 50% oorweeg word nie vir krediete geslaag tydens studie vir ’n vorige onvoltooide graad. Geen krediete op die finale jaar of op 300- en 400-vlak sal goedgekeur word nie.
Algemene bevorderingsvereistes in die fakulteit
Alle studente wie se akademiese vordering nie aanvaarbaar is nie se studies kan opgeskort word.
'n Student word tot die volgende studiejaar bevorder mits hy of sy 100 van die vereiste krediete wat in 'n studiejaar voorgeskryf word, slaag tensy die Dekaan op aanbeveling van die departementshoof anders besluit. 'n Student wat nie aan die vereistes vir bevordering tot die volgende studiejaar voldoen nie, behou krediete vir die modules waarin hy of sy geslaag het, en mag deur die Dekaan, op aanbeveling van die departementshoof, tot hoogstens 48 krediete van die modules van die volgende studiejaar toegelaat word, mits dit by die lesing-/eksamenrooster inpas.
'n Student slaag met lof indien hy of sy in een enkele akademiese jaar alle vereiste modules op 300-vlak of hoër slaag en 'n geweegde gemiddelde van minstens 75% in daardie modules behaal, met dien verstande dat 'n subminimum van 65% behaal word in die betrokke modules wat vereis word.
Copyright © University of Pretoria 2025. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App