Modulekode | RAW 284 |
Kwalifikasie | Voorgraads |
Fakulteit | Fakulteit Gesondheidswetenskappe |
Module-inhoud | (a) Radiobiologie: Seloorlewingskurwes en teikenteorieë, stralingseffekte op weefsel, weefsel- en orgaanradiosensitiwiteit. Stralingspatologie, akute en chroniese effekte, laateffekte van bestraling. Kliniese radiobiologie: stralingsterapie, tumorradiobiologie, fraksionasie, iso-effekformules. (b) Inleiding tot stralingsterapie: Oorsprong en voorkoms van kanker, diagnose en stadiëring. Modaliteite vir behandeling. Metodes van behandeling in stralingsterapie. Voorbereiding vir eksterne bestraling. Dosisse. Biologiese beginsels vir straling. Effek van bestraling op normale weefsel. (c) Inleiding tot kerngeneeskunde: Beginsels van kerngeneeskunde en kernfisika. Kerngeneeskundige instrumentasie. Radiochemiese farmakologie. Basiese benadering tot kliniese kerngeneeskunde en toepaslike tegnieke. |
Modulekrediete | 10.00 |
Programme | |
Voorvereistes | RAN 100,RFI 110,FSG 161,FSG 162,RAW 180,RAW 182,MTL 180 |
Kontaktyd | 1 besprekingsklas per week, 1 lesing per week |
Onderrigtaal | Dubbelmedium |
Akademiese organisasie | Radiografie |
Aanbiedingstydperk | Kwartaal 4 |
Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App