Modulekode | LCP 580 |
Kwalifikasie | Voorgraads |
Fakulteit | Fakulteit Gesondheidswetenskappe |
Module-inhoud | Die aaneenlopende kliniekbesoekprogram koppel studente van hul eerste tot vyfde jaar aan een van 40 klinieke in Pretoria en die stad se omgewing. Elke student word vir ‘n vierjaarperiode by 'n kliniek in Tshwane, Hammanskraal of Metsweding ingedeel, van die middel van die eerste jaar tot die middel van die vyfde jaar in die geval van mediese studente, en van die middel van die eerste jaar tot die einde van die tweede jaar in die geval van tandheelkundestudente. Studente besoek hierdie klinieke gedurende die blokke en spesiale aktiwiteite soos onderhandel met elke blok- en aktiwiteitshoof. Die aktiwiteite wat in die kliniek gedoen word, is 'n praktiese toepassing van die teorie wat in die klas geleer word met dié voordeel dat dit geskied in die konteks van die pasiënt en in die gesondheidstelsel. |
Modulekrediete | 0.00 |
Programme | |
Voorvereistes | Geen voorvereistes. |
Kontaktyd | Gemeenskapsbetrokkenheid, 4 praktiese sessies per week |
Onderrigtaal | Beide Afr en Eng |
Akademiese organisasie | Gesondheidswetenskappe Dekaan |
Aanbiedingstydperk | Semester 1 |
Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App