Jaarboeke

Program: NGDip Hantering van Gestremde Kind

Kindly take note of the disclaimer regarding qualifications and degree names.
Code Faculty
10220171 Fakulteit Gesondheidswetenskappe
Credits Duration
Duur van studie: 1 jaar

Programinligting

Let wel: Aangesien die program elke tweede jaar aangebied word, moet die aanvang van studie in oorleg met die departementshoof uitgeklaar word.

Toelatingsvereistes

’n Beroepsgerigte baccalaureusgraad of ’n gelykwaardige kwalifikasie wat deur die departementshoof as toepaslik vir toelating tot hierdie studie beskou word.

Minstens een jaar beroepservaring na verwerwing van die graad of gelykwaardige kwalifikasie, op ’n gebied wat deur die departementshoof as toepaslik beskou word.

Die student moet ten tye van die studie minstens ’n deeltydse pos beklee wat deur die departementshoof as toepaslik vir die betrokke studierigting beskou word.

Eksamens en slaagvereistes

Studente moet alle lesings en praktika tot bevrediging van die departementshoof bywoon ten einde toelating tot die eksamen te verkry.

Alle skriftelike, mondelinge en/of praktiese eksamens in ’n module moet geslaag word en ’n finale punt van minstens 50% word vereis om te kan slaag.

Slaag met lof

Die diploma word met lof uitgereik aan ’n student wat ’n gemiddelde van minstens 75% in al die voorgeskrewe modules behaal het.


Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences