Jaarboeke

Program: MDieet Gedoseer

Kindly take note of the disclaimer regarding qualifications and degree names.
Code Faculty
10259002 Fakulteit Gesondheidswetenskappe
Credits Duration
Duur van studie: 2 jaar

Programinligting

Vir die gedoseerdeleergangkomponent, moet ’n student ’n totaal van 80 krediete kernmodules neem en ’n totaal van 120 krediete uit die keusemodules kies. Enige spesifieke module word aangebied op voorwaarde dat ’n minimum aantal studente soos deur die departementshoof en die Dekaan bepaal, daarvoor registreer. Studente moet die Afdelingshoof sowel as die inligting oor die leerplanne van die modules raadpleeg ten einde ’n sinvolle program saam te stel. Die Departement se nagraadse brosjure moet ook geraadpleeg word.

Sien ook Algemene Regulasies.

Toelatingsvereistes

- Behoudens die bepalings van Algemene Regulasie G.62 is minstens 'n Baccalaureusgraad in Dieetkunde/Mensvoeding asook registrasie as dieetkundige by die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika 'n vereiste.

- Minstens een jaar heeltydse praktiese ondervinding word vereis ná verwerwing van die kwalifikasie wat toelating tot die magisterstudie verleen.
 
- Studente word op grond van vorige akademiese prestasie gekeur.

 

Addisionele vereistes

(TNM 800) Toegepaste navorsingsmetodologie 800 of 'n gelykwaardige module moet geslaag word.

Eksamens en slaagvereistes

'n Finale punt van minstens 50% word vereis om in die gedoseerde leergang te slaag. Minstens 50% word vereis om in die skripsie te slaag.

Slaag met lof

Die graad word met lof toegeken aan ’n student wat ’n gemiddelde van minstens 75% in die gedoseerde leergang behaal het asook minstens 75% in die skripsie.


Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences