Jaarboeke

Program: MMed Geneesk Farmakologie PharmMed.

Kindly take note of the disclaimer regarding qualifications and degree names.
Code Faculty
10256001 Fakulteit Gesondheidswetenskappe
Credits Duration
Duur van studie: 3 jaar
Contact:
Prof OBW Greeff
[email protected]
+27 (0)123192254

Toelatingsvereistes

'n Kandidaat vir toelating tot MPharmMed-graadstudie moet vir minstens een jaar in besit wees van die graad MBChB van die Universiteit van Pretoria of 'n kwalifikasie wat deur die Universiteit as gelykwaardig beskou word. Daarbenewens moet die student by die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika as geneesheer geregistreer wees.

 

Addisionele vereistes

Sien ook Algemene Regulasies.

Eksamens en slaagvereistes

(i) Die eksamen vir elke jaar word gedurende die somereksamentydperk afgeneem.

(ii) Om in ’n module te slaag, word ’n finale punt van minstens 50% vereis.

(iii) Benewens die eksamen, moet ’n student alle praktiese werk en werkopdragte bevredigend voltooi asook (NAV 882) Navorsingsverslag (Voorbereiding) 882, en (NAV 883) Navorsingsverslag 883 slaag (minimum slaagpunt van 50%), ten einde aan alle vereistes vir die graad te kan voldoen.

(iv) Tweede eksamens word eers na verloop van minstens ses maande na die eksamen waarin die student gedruip het, afgeneem.

Slaag met lof

Die graad word met lof toegeken aan ’n student wat ’n finale punt van minstens 75% in die ondergenoemde modules behaal het:

(i)      Mediese farmakologie 802 en 803

(ii)     Farmakokinetika en farmakodinamika 802 en 803, asook ’n finale punt van minstens 75% in (NAV 883) Navorsingsverslag 883 in die finale studiejaar.


Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences