Jaarboeke

Staatsreg 801


 
Modulekode CSL 801
Kwalifikasie Nagraads
Fakulteit Fakulteit Regsgeleerdheid
Module-inhoud (a) Heroorweging van grondwetlike soewereiniteit en die wisselwerking daarvan met populêre soewereiniteit (b) Konstitusionele dinamika – (versweë) konstitusionele verandering op wyses anders as wat die grondwet magtig (c) ‘n Kritiese heroorweging van skeiding van magte, regterlike onafhanklikheid en onpartydigheid en die impak van judisiële hersiening in die hedendaagse staat (d) Oorweging van legaliteit en konstitusionaliteit in die lig van tersaaklike regspraak (e) Die grondslag van die staat, doeltreffendheid en legitimiteit in die besonder te midde van grootskaalse geweldsmisdaad (f) Samewerkende regering in die Suid-Afrikaanse grondwetlike praktyk (g) Grondwetlike waardes met besondere verwysing na demokrasie in die Suid-Afrikaanse grondwet (h) Die regsaansprake van gemeenskappe in die kontemporêre staatsreg (i) Nuwe tendense in die Suid-Afrikaanse grondwetlike jurisprudensie in die plaaslike en internasionale akademiese diskoers
Modulekrediete 30.00
Voorvereistes Geen voorvereistes.
Kontaktyd 2 lesing per week
Onderrigtaal Dubbelmedium
Akademiese organisasie Publiekreg
Aanbiedingstydperk Semester 1

Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences