Jaarboeke

Program: BA (Beeldende Kunste) Beeldende Kunste

Kindly take note of the disclaimer regarding qualifications and degree names.
Code Faculty
01130191 Fakulteit Geesteswetenskappe
Credits Duration
Duur van studie: 4 jaar Totale krediete: 633
Contact:
Dr A Sooful
[email protected]
+27 (0)124203111

Programinligting

Die program fokus op die hoofdissiplines in die beeldende kunste, nl skilder-, beeldhou­kuns, grafiese drukkuns, tekenkuns en nuwe media, sowel as op die teorieë en konsepte van kuns. Kandidate kwalifiseer as professio­nele kunstenaars. Die program is gerig op die bevordering van ’n estetiese bewussyn binne die gemeenskap en die uitbouing en verdieping van visuele, kritiese en kreatiewe denke. Die program inkorporeer ook kunsbestuur, kunskommunikasie en -bemarking, digitale opleiding en die gebruik van ’n wye verskeidenheid van materiale, media en tegnieke.

Sluitingsdatum vir aansoeke: 30 Junie jaarliks

Toelatingsvereistes

  •  Kandidate wat 'n TPT van 30 in Graad 11 behaal het en voldoen aan die minimum vak- en prestasievereistes van hierdie studieprogramme sal outomaties in die studieprogramme geplaas word onderhewig aan die beskikbaarheid van plekke. Bogenoemde is nie van toepassing op keuringsprogramme nie.
  • Om toelating te behou sal daar van leerders verwag word om 'n TPT van ten minste 28 in Graad 12 te behaal. Voornemende studente wat reeds voorlopige toelating tot hierdie studieprogramme ontvang het maar 'n TPT van ten minste 27 in Graad 12 behaal het sal deur die Toelatingskomitee oorweeg word indien plekke beskikbaar is. Die Toelatingskomitee van die Fakulteit Geesteswetenskappe sal hierdie studente oorweeg sodra die uitslag van die Nasionale Normtoets (National Benchmark Test – NBT) beskikbaar is en toelating sal onderhewig wees aan die beskikbaarheid van plekke. 
  • Die Fakulteit sal bevredigende resultate in die NBT beoordeel in die lig van sy onderneming om te verseker dat ‘n voldoende gedeelte aansoekers uit die histories benadeelde kategorie van die bevolking getrek word. 
  • Aansoekers met 'n TPT van 30 maar wie nie aan die vakvereistes voldoen nie moet die NBT aflê. 
  • Lewensoriëntering word uitgesluit wanneer die TPT bereken word.
  • 'n TPT van 30 sowel as Departementele keuring word vereis vir BA BA Beeldende Kunste. Die keuringsprosedure word hieronder omskryf.

 

                                                                                                                                                                                                                                                   
           

Minimum vereistes vir 2016

           
           

Prestasievlak

           
           

TPT

           
           

Afrikaans of Engels

           
           

NSS/IEB

           
           

HIGCSE

           
           

AS-Level

           
           

A-Level

           
           

5

           
           

3

           
           

C

           
           

C

           
           

30

           

 

 

Addisionele vereistes

Departementele keuring is nodig om vir hierdie program te kan registreer. Alhoewel kuns as Graad 12-vak nie ’n vereiste is nie, moet ’n kandidaat sy/haar kreatiewe potensiaal en toewyding tot die gekose veld van studie demonstreer ten einde te oorweeg te word vir die merietekeuring. Daar word derhalwe van kandidate verwag om ’n portefeulje van werk voor te lê vir meriete keuringsoorweging en, indien uitgenooi, om ’n reeks toetse af te lê, sowel as om ’n onderhoud te voer met ’n keuringspaneel. Kontak die koördineerder in hierdie verband. ’n Student wat hierdie program kies, moet gedurende die derde en vierde studiejare ses weke indiensopleiding, wat deur die koördineerder goedgekeur is, voltooi.

Ander programspesifieke inligting

Studente wat nie in terme van hul akademiese geletterdheid as risikogevalle geïdentifiseer is nie, word vrygestel van VAG 110 en VAG 125.

Bevordering tot volgende studiejaar

##Bevordering tot die tweede studiejaar

Slaag: BKK 100, VIT 100, VKK 111, 121, en 123.

##Bevordering tot die derde studiejaar

Slaag: BKK 200, VKK 211 en 222.

##Bevordering tot die vierde studiejaar

Slaag: BKK 300, VKK 311 en 321.

##Afwyking van hierdie vereistes mag deur die Dekaan op aanbeveling van die departe­mentshoof goedgekeur word.

Slaag met lof

Die graad word met lof toegeken aan ’n student wat minstens 75% in BKK 400 en VKK 401 behaal.


Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences