Jaarboeke

Program: BSocSci Bedryfsosiologie en Arbeidstudies

Kindly take note of the disclaimer regarding qualifications and degree names.
Code Faculty
01130062 Fakulteit Geesteswetenskappe
Credits Duration
Duur van studie: 3 jaar Totale krediete: 374

Programinligting

Die toenemende prominensie in die werksplek van mense wat diepgaande analitiese vaardigheid en kennis het met betrekking tot die veeleisende uitdaging van die kontem­porêre geglobaliseerde wêreld van werk – sowel binne Suid-Afrika as internasionaal – beteken dat daar ’n groeiende behoefte is aan industriële sosiologie en industriële sosioloë. Hierdie program rus gegradueerdes toe met begrip, kritiese kennis en die denkvaardighede om op die talle probleme en uitdagings van en binne die werksplek te reageer op ’n proaktiewe, kreatiewe en nuttige wyse.

 

Toelatingsvereistes

  •  Kandidate wat 'n TPT van 30 in Graad 11 behaal het en voldoen aan die minimum vak- en prestasievereistes van hierdie studieprogramme sal outomaties in die studieprogramme geplaas word onderhewig aan die beskikbaarheid van plekke. Bogenoemde is nie van toepassing op keuringsprogramme nie.
  • Om toelating te behou sal daar van leerders verwag word om 'n TPT van ten minste 28 in Graad 12 te behaal. Voornemende studente wat reeds voorlopige toelating tot hierdie studieprogramme ontvang het maar'n TPT van ten minste 27 in Graad 12 behaal het sal deur die Toelatingskomitee oorweeg word indien plekke beskikbaar is. Die Toelatingskomitee van die Fakulteit Geesteswetenskappe sal hierdie studente oorweeg sodra die uitslag van die Nasionale Normtoets (National Benchmark Test – NBT) beskikbaar is en onderhewig aan die beskikbaarheid van plekke.
  • Die Fakulteit sal bevredigende resultate in die NBT beoordeel in die lig van sy onderneming om te verseker dat ‘n voldoende gedeelte aansoekers uit die histories benadeelde kategorie van die bevolking getrek word.
  • Aansoekers met 'n TPT van 30 maar wie nie aan die vakvereistes voldoen nie moet die NBT aflê.
  • Lewensoriëntering word uitgesluit wanneer die TPT bereken word.

 

Minimum vereistes vir 2016

Prestasievlak

TPT

Afrikaans of Engels

NSS/IEB

HIGCSE

AS-Level

A-Level

5

3

C

C

30

 

 

Programoorsig

 

 

Ander programspesifieke inligting

Studente wat in terme van hul akademiese geletterdheid as risikogevalle geïdentifiseer is, is verplig om VAG 110 en VAG 125 te neem.

Studente wat nie in terme van hul akademiese geletterdheid as risikogevalle geïdentifiseer is nie, is verplig om ’n taalmodule ter waarde van 12 krediete uit die lys van taalmodules (sien Akademiese geletterdheid) te neem.

ABV 320 – mag in enige studiejaar geneem word, maar verkieslik in die eerste jaar.

ABR 311 – Mag in enige studiejaar geneem word maar verkieslik in die tweede jaar

$$Kies een van die volgende dissiplines en neem twee semestermodules op elke jaarvlak. Modules wat nie as kernmodules geneem is nie, kan ook as keusemodules geneem word:

Antropologie:        APL 110,120 [12 elk] APL 210,220, [20 elk] APL 310,320 [30 elk]

Filosofie:               FIL 110,120 [12 elk] FIL 210,220 [20 elk] FIL 310,320 [30 elk]

Geskiedenis:        GES 110,120 [12 elk] GES 210,220 [20 elk] GES 310,320 [30 elk]

Politiek:                  PTO 111,120 [12 elk] saam met

Internasionale verhoudinge:     IPL 210,220 [20 elk] IPL 310,320 [30 elk]

Politiek:                  PTO 111,120 [12 elk] saam met

Staatsleer:             STL 210,220 [20 elk] STL 310,320 [30 elk]

 

#Addisionele keusemodule-opsies

Kies modules ter waarde van minstens 48-64 krediete uit die lys van $$dissiplines hierbo of die addisionele keusemodules hieronder:

Sepedi:                      SEP 110 [12] SEP 120 [12] SEP 210 [20] SEP 220 [20]

IsiZulu:                       ZUL 110 [12] ZUL 120 [12] ZUL 210 [20] ZUL 220 [20]

Ondernemingsbestuur: OBS124 [10]

Akademiese geletterdheid
Alle studente wat vir die eerste keer aan die Universiteit van Pretoria inskryf en alle nuwelingstudente wat vir die eerste keer by die Fakulteit Geesteswetenskappe inskryf se akademiese geletterdheid sal aan die begin van die akademiese jaar deur middel van hulle NSS-punte bepaal word.

  1. Studente wat ’n graadprogram in Engels volg: Die NSC Graad 12-Engelspunt sal gebruik word om te bepaal of studente in die Fakulteit Geesteswetenskappe vir die akademiese-geletterdheidsmodules (ALL 110 en ALL 125 in Engels) moet registreer.
  • Huistaal: Studente wat 'n 4 of laer behaal het, registreer vir ALL 110 en ALL 125.
  • Eerste Addisionele Taal: Studente wat ’n 5 of laer behaal het, registreer vir ALL 110 en ALL 125.
  1. Studente wat ’n graadprogram in Afrikaans volg: Die NSC Graad 12-Afrikaanspunt sal gebruik word om te bepaal of studente in die Fakulteit Geesteswetenskappe vir die akademiese-geletterdheidsmodules (VAG 110 en VAG 125 in Afrikaans) moet registreer.
  • Huistaal: Studente wat ’n 4 of laer behaal het, registreer vir VAG 110 en VAG 125.

Alle studente in die Fakulteit Geesteswetenskappe wat as risikogevalle geïdenti¬fiseer is, is verplig om ten minste twaalf krediete te verwerf in die akademiese- geletterdheidsmodules VAG 110 of ALL 110 en VAG 125 of ALL 125.
Alle studente in die Fakulteit Geesteswetenskappe wat nie as risikogevalle geïdentifiseer is nie, is verplig om ten minste 12 krediete in ’n taalmodule te verwerf:

Department of English
ENG 110 Introduction to literature in English (I) 
ENG 120 Introduction to literature in English (II) 
ENG 118 English for specific purposes 

Departement Afrikaans
AFR 110 Afrikaanse taalkunde en letterkunde 
AFR 120 Afrikaanse taalkunde en letterkunde 
AFR 114 Afrikaans vir sprekers van ander tale (I) 

Departement Afrikatale
NDE 1101 Inleiding tot isiNdebele-grammatika: Capita selecta 
*Studente wat isiNdebele in die tweede semester wil neem, registreer ook vir AFT 121 (Afrikatale-letterkunde: Capita selecta)
ZUL 110 IsiZulu vir beginners
ZUL 111 Inleiding tot isiZulu-grammatika – Capita selecta 
*Studente wat isiZulu in die tweede semester wil neem, registreer ook vir AFT 121 (Afrikatale-letterkunde: Capita selecta)
SEP 110 Sepedi vir beginners 
SEP 111 Inleiding tot Sepedi-grammatika – Capita selecta 
*Studente wat Sepedi in die tweede semester wil neem, registreer ook vir AFT 121 (Afrikatale-letterkunde: Capita selecta)
STW 110 Setswana vir beginners 
STW 111 Inleiding tot Setswana-grammatika – Capita selecta 
*Studente wat Setswana in die tweede semester wil neem, moet ook vir AFT 121 (Afrikatale-letterkunde: Capita selecta) registreer.

Departement Moderne Europese Tale
DTS 104 Duits vir beginners 
DTS 113 Duits: Kultureel-professioneel (1) *Voorvereiste: Graad 12 Duits
FRN 104 Frans vir beginners 
FRN 113 Frans: Kultureel-professioneel (1) *Voorvereiste: Graad 12 Frans
SPN 101 Spaans vir beginners
SPN 102 Spaans vir beginners 
PTG 101 Portugees vir beginners

Departement Antieke Tale en Kulture
HEB 110 Hebreeus 
LAT 110 Latyn 
GRK 110 Grieks 


Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences