Jaarboeke

Program: BMusHons Musiekkommunikasie

Kindly take note of the disclaimer regarding qualifications and degree names.
Code Faculty
01242043 Fakulteit Geesteswetenskappe
Credits Duration
Duur van studie: 1 jaar Totale krediete: 120

Toelatingsvereistes

- ’n Nasionale eerste (3-jarige) graad - BMus of BA(Musiek) - met 'n gemiddelde van 70% en departementele goedkeuring; of

- ’n Drie- of vierjarige voorgraadse kwalifikasie in die volgende verwante rigtings (bv Sielkunde, Maatskaplike Werk, Spraakterapie, Arbeidsterapie, Onderwys, Verpleegkunde) met sterk musikale vaardighede.
 
- Departementele keuring vind plaas.
 
 
 

 

Addisionele vereistes

• Aflê van ’n toelatingstoets.

• Aansoekers word op grond van akademiese agtergrond, musiekvaardighede en oudisies (musikaal en persoonlik) gekies.

• 'n Beperkte aantal studente word toegelaat tot die program en indien die aantal suksesvolle kandidate die beskikbare plekke oorskry, sal daar voorkeur gegee word aan studente wat ’n eerste graad aan die Universiteit van Pretoria verwerf het.

Ander programspesifieke inligting

Dit is moontlik om ’n kombinasie van modules uit verskillende vakrigtings (Musiekop-voeding, Musiekwetenskap en Musiektegnologie) te kies. In spesiale gevalle kan ’n tweede navorsingsverslag in die plek van ’n module gekies word, met die toestemming van die departementshoof.


Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences