Jaarboeke

Program: BAMBKHons Biokinetika

Kindly take note of the disclaimer regarding qualifications and degree names.
Code Faculty
01240522 Fakulteit Geesteswetenskappe
Credits Duration
Duur van studie: 1 jaar Totale krediete: 149
Contact:
Dr K Nolte
[email protected]
+27 (0)124206047

Programinligting

Sluitingsdatum vir aansoeke: Jaarliks 31 Augustus.

Toelating tot hierdie graadprogram is aan keuring onderworpe: die program word slegs voltyds aangebied volgens die minimum standaarde van die GBRSA en daar word van studente verwag om:

  • ’n laboratoriumblok van 1 maand in Januarie by te woon;
  • gedurende die week by ’n goedgekeurde biokinetikasentrum as waarnemer te werk en om by afrigting en oefenprogramme betrokke te wees (verpligtend);
  • deel te wees van die UP Trauma-eenheid wat verantwoordelik is vir noodhulp-diens tydens sportbyeenkomste;
  • te alle tye geklee te wees in ’n goedgekeurde uniform; en
  • ’n finale mondelinge eksamen aan die einde van die akademiese jaar af te lê.

Toelatingsvereistes

Keuring geskied op grond van akademiese meriete soos weerspieël in die amptelike akademiese rekord van die student.Die eerste keuring vind plaas op grond van al die jare se uitslae in die natuur-wetenskaplike vakke.Hoogstens 21 studente word jaarliks gekeur.Die Departement behou die reg om minder as 21 studente te keur indien die akademiese prestasie van die aansoekers nie op standaard is nie. Die standaard word deur die keurkomitee bepaal

 

 

 

Ander programspesifieke inligting

Indien ’n tweede endossement verwerf wil word, word krediet toegestaan vir slegs NME 701 (Navorsingsmetodologie vir sport en rekreasie).


Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences