Jaarboeke

Kommunikasiebestuur 320


 
Modulekode KOB 320
Kwalifikasie Voorgraads
Fakulteit Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe
Module-inhoud Strategiese verhoudingsbestuur Die strategiese bestuur van interne en eksterne verhoudings is essensieel vir die organisasie se "lisensie om te funksioneer". Belangegroepteorieë voorsien 'n raamwerk vir die bestuur van verhoudings met belangegroepe soos werknemers, beleggers, die media en die regering. Die groeiende betekenisvolle impak van aktivisme op organisasieprestasie regverdig die bestuur van sulke drukgroepe deur middel van kommunikasie. Deontologiese en teleologiese etiese benaderings in die strategiese bestuur van verhoudings word ondersoek. Die kompleksiteit van etiese besluitneming in die moderne sake-omgewing, sowel as onder andere anti-etiek en Afrika-etiek, word bestudeer. Persepsie-, sosiale en belangegroep-oudits is voorbeelde van eiesoortige navorsingsontwerpe wat in strategiese verhoudingsbestuur gebruik kan word.
Modulekrediete 20.00
Diensmodules Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie
Voorvereistes KOB 210 of KOB 220 met 'n GS in die ander, KOB 310 GS
Kontaktyd 3 lesings per week
Onderrigtaal Dubbelmedium
Akademiese organisasie Afdeling Kommunikasiebestuur
Aanbiedingstydperk Semester 2

Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences