Jaarboeke

Beleggingsbestuur 300


 
Modulekode BLB 300
Kwalifikasie Voorgraads
Fakulteit Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe
Module-inhoud

*Slegs beskikbaar vir BCom (Beleggingsbestuur)-studente.
Doeltreffende markhipotese, portefeuljebestuur, batetoedeling, samestelling van doeltreffende beleggingsportefeuljes, kapitaalmarkprysmodel (CAPM en APT), strategieë by die samestelling van aandeleportefeuljes, prestasiemeting van beleggingsportefeuljes, herstrukturering van beleggings-portefeuljes, meting van finansiële risikoblootstelling, termynmarkte in Suid-Afrika, die gebruik van termynkontrakte in finansiële risikobestuur en die waardering van termynkontrakte, vooruitkontrakte, rentekoersomskakelings en FRA’s (“Forward Rate Agreements”), opsiemarkte in Suid-Afrika en die waardering van opsies, formulering van opsiestrategieë, sekuriteitregte en omskepbare sekuriteite, alternatiewe waarderingstegnieke, eiendomsbeleggings, waagkapitaal, regte-uitgifte en kapitalisasie-uitgiftes, immunisering, omskakeling en verhandelingstrategie in die effektemark, vaste rentedraende portefeulje-strategieë, etiek.

Modulekrediete 40.00
Voorvereistes BLB 200 en slegs beskikbaar vir BCom (Beleggingsbestuur)-studente
Kontaktyd 3 lesings per week
Onderrigtaal Engels
Akademiese organisasie Finansiële Bestuur
Aanbiedingstydperk Jaar

Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences