Code | Faculty |
---|---|
07130172 | Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe |
Credits | Duration |
---|---|
Duur van studie: 3 jaar | Totale krediete: 422 |
Informatika is ’n vakgebied waarin die toepassing en gebruik van die rekenaar en inligtingstelsels binne ondernemings bestudeer word. Ons studente se krag lê daarin dat hulle ’n breë agtergrond van die ekonomiese en bestuurswetenskappe het, sodat die besigheidswêreld vir hulle nie vreemd is nie. Die gebruik van inligtingtegnologie deur ondernemings neem steeds toe, en nuwe, meer komplekse en uitdagende toepassings word daagliks ontgin. Dit het, naas die ooglopende feit dat die werkswêreld van die Informatika-spesialis besonder interessant is, ook die voordelige gevolg dat daar min kans is dat ? goed gekwalifiseerde Informatika-spesialis ooit sonder werk sal sit.
Die Informatika-spesialis het die kennis om die inligtingbehoeftes van ondernemings (besighede, regeringsdepartemente, niewinsgewende organisasies en enige ander groep waarvoor inligting belangrik is) te ontleed. Hulle ontleed nie net die behoeftes nie, maar adresseer ook die behoeftes deur inligtingstelsels te ontwerp en te implementeer. Inligtingstelsels verwys vandag na rekenaargebaseerde stelsels (insluitende mobiele toepassings) wat data stoor en manipuleer sodat mense dit kan verstaan, gebruik, interpreteer en besluite neem gebaseer op die inligting.
UP se BCom (Informatika)-graadprogram is die enigste graad in Suid-Afrika wat internasionaal deur die Akkreditasieraad vir Ingenieurswese en Tegnologie in die VSA geakkrediteer is.
Minimum vereistes vir 2016 | ||||||||
Prestasievlak | TPT | |||||||
Afrikaans of Engels | Wiskunde | |||||||
NSS/IEB | HIGCSE | AS-Level | A-Level | NSS/IEB | HIGCSE | AS-Level | A-Level | |
5 | 3 | C | C | 4 | 3 | D | D | 30 |
Slegs twee 14-week modules, of die ekwivalent daarvan, wat nie deur 100- en 200-vlak-modules voorafgegaan word nie, mag as kwalifiserende modules vir graaddoeleindes geneem word. Met ander woorde, ten minste vier 14-week-modules wat voorafgegaan word deur die 100- en 200-vlak moet op 300-vlak geneem word (behalwe in die geval waar die modules slegs vanaf 200-vlak aangebied word).
Indien Finansiële rekeningkunde 211 en 221 (FRK 211 en 221) gekies word, is INF 281 (met 3 addisionele krediete) verpligtend.
Studente wat as ’n risiko ten opsigte van hul vlak van akademiese geletterdheid geag word, is verplig om die volgende twee modules te neem:
ALL 110 Akademiese geletterdheid S1, ALL 121 Akademiese geletterdheid vir IT S2
Studente wat NIE as ’n risiko ten opsigte van hul vlak van akademiese geletterdheid geag word nie, is verplig om die volgende module te neem:
ALL 121 Akademiese geletterdheid vir IT S2
Nota:
Krediete wat vir ALL 110 verwerf word, sal nie deel vorm van die minimum krediet-vereiste vir die graad nie.
Keusemodules kan slegs gevolg word indien dit op die student se klas-, toets- en eksamenrooster inpas.
Let wel: Raadpleeg die alfabetiese lys van modules vir die voorvereistes van alle modules.
# FRK 122 is ’n eindmodule. Indien FRK 122 gekies word, sal ’n kandidaat nie met Rekeningkunde op 200- en 300-vlak kan voortgaan nie. Let ook daarop dat FRK 121 ’n voorvereiste vir ’n aantal ander modules mag wees (bv BEL 200) en dit is die verantwoordelikheid van die kandidaat om te verseker dat hy/sy die toepaslike keuse tussen FRK 121 en 122 maak.
? FBS 212 en FBS 222 is eindmodules. Kandidate sal nie met Finansiële bestuur op 300-vlak kan voortgaan nie.
(1) Slegs diegene wat aan die toelatingsvereiste vir die verpligte modules Informatika 154, 164, 171 en 271, 272 voldoen, nl minstens 4 (50-59%) in Graad 12-Wiskunde, word tot die BCom-graad met spesialisering in Informatika toegelaat. Toelating tot die BCom-graad met spesialisering in Informatika kan ook verkry word deur aan die vereistes van reg 1.2(f) van Vereistes vir spesifieke modules te voldoen, in welke geval die Dekaan, op aanbeveling van die departementshoof, ’n student kan toelaat om gelyktydig vir Informatika 154, 164, 171 en 271, 272 te registreer.
(2) Informatika 281 (INF 281 – 3 addisionele krediete) is ’n verpligte module indien Finansiële rekeningkunde 311, 321 (FRK 311, 321) gekies word.
(3) Studente wat die BEM-modules as keusemodules in die tweede en derde jaar wil neem, moet die betrokke modules in die eerste jaar as ekstra modules neem.
(4) INF 301 is ’n module wat bestaan uit ’n kombinasie van: INF 315, INF 324, INF 354 en INF 370. Studente registreer vir al hierdie modules, maar ontvang slegs vir INF 301 ’n punt wat bestaan uit ’n berekende persentasie van voorafgenoemde vier. Sien tabel hieronder:
Module
| Registreer vir | Klasbywoning | Eksamenreëling Vraestel Eksamen |
---|---|---|---|
INF 315 | INF 315 | INF 315 + INF 301 | INF 315 INF 315 |
INF 324 | INF 324 | INF 324 + INF 301 | INF 324 INF 324 |
INF 354 | INF 354 | INF 354 + INF 301 | INF 354 INF 354 |
INF 370 | INF 370 | INF 370 + INF 301 | INF 370 INF 370 |
(6) Studente wat beplan om vir die BComHons (Interne Ouditkunde)-graad aansoek te doen, moet dit reeds aan die begin van die tweede studiejaar met die betrokke departementshoof bespreek.
Spesialiseringsmodules: INF 301
’n Kandidaat wat:
Let wel: “Graad 12-eksamen” verwys na die Nasionale Senior Sertifikaat (NSS)- eindeksamen.
Hoofvak
Ten einde as "hoofvak" te kwalifiseer moet minstens die ekwivalent van vier 14- week-modules van ’n vak, insluitende twee op 300-vlak, geslaag word, met dien verstande dat die volgende modules, wat slegs op 300-vlak aangebied word, ook as "hoofvakke" geld:
Volgens Algemene Regulasie G.3 word spesifieke bevorderingsvoorwaardes gestel deur fakulteitsrade waaraan studente van die fakulteit moet voldoen.
Minimumvereistes vir baccalaureusgrade; semester- en jaarmodules; nuwe regulasies
Let wel: Slegs twee 14-week modules, of die ekwivalent daarvan, wat nie deur 100- en 200-vlakke modules voorafgegaan word nie, mag as kwalifiserende modules vir graaddoeleindes geneem word. Met ander woorde, ten minste vier 14-week-modules wat voorafgegaan word deur die 100- en 200-vlak moet op 300-vlak geneem word (behalwe in die geval waar die modules slegs vanaf 200-vlak aangebied word).
Die onus rus dus ten volle op studente om vóór registrasie seker te maak dat hulle leergange aan al die vereistes van die toepaslike regulasies voldoen.
Copyright © University of Pretoria 2023. All rights reserved.
COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal
To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]
Get Social With Us
Download the UP Mobile App