Jaarboeke

Program: BIS Multimedia

Kindly take note of the disclaimer regarding qualifications and degree names.
Code Faculty
12131005 Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie
Credits Duration
Duur van studie: 3 jaar Totale krediete: 477
Contact:
Mr JW de Beer
[email protected]
+27 (0)124202833

Programinligting

Moderne inligtingtegnologie maak dit moontlik om inligtingsprodukte te ontwerp en vervaardig wat uit verskeie tipes media bestaan bo en behalwe die tradisionele teks-medium. Inligtingtegnologie maak dus die samestelling van verskeie tradisionele media moontlik wat vroeër afsonderlike entiteite was. Daar is nie ’n enkele dissipline wat tans die gesamentlike aanbieding van inligtingsprodukte hanteer nie. Die kwalifikasie in multimedia in die Departement Inligtingkunde spreek hierdie tekortkoming aan. Enige soort sosiale instelling in alle ekonomiese sfere, insluitend die staat, kan voordeel trek uit ’n multimedia-benadering tot inligtingsontwerp, -organisasie en -herwinning.

Multimedia-dokumente sluit in teks, grafika, klank, video en animasie. Die doel van hierdie kwalifikasie is om leerders in staat te stel om die nodige begrippe te verstaan om multimediaprodukte te bou en ook self die produkte te onderhou. Die pakket bestaan dus uit ’n kombinasie van teorie en praktyk. Die ontploffing van die web, sowel as die eksponensiële groei en krag van Inligtingtegnologie, maak die instelling van hierdie kwalifikasie nodig in navolging van internasionale tendense.

Toelatingsvereistes

  •  Ten einde te kan registreer moet NSS/IEB/Cambridge-kandidate voldoen aan die minimum vereistes vir graadstudie asook aan die minimum vereistes van die betrokke studieprogram.
  • Lewensoriëntering word uitgesluit by die berekening van die TPT.
  • Graad 11-uitslae word gebruik vir die voorlopige toelating van voornemende studente.
  • ’n Geldige Nasionale Senior Sertifikaat (NSS) met toelating vir graadstudies word vereis.
  • Minimum vak- en prestasievereistes soos hieronder uiteengesit word vereis. Op eerstejaarsvlak het studente 'n keuse tussen Afrikaans en Engels as taalmedium. In verskeie gevalle word lesings slegs in Engels aangebied byvoorbeeld vir keusemodules waar die dosent nie Afrikaans magtig is nie of indien dit nie ekonomies of prakties regverdigbaar is nie.
 
 
Minimum vereistes vir 2016
Prestasievlak
Afrikaans of Engels Wiskunde TPT
NSS/IEB HIGCSE AS-Level A-Level NSS/IEB HIGCSE AS-Level A-Level
4 3 D D 5 3 C C

30

(26-29

toelating 

gebasseer op die 

NBT)

Indien ’n kandidaat ’n TPT van 26 tot 29 behaal sal toelating oorweeg word op grond van die uitslae van die NBT mits die kwotas vir studentegetalle nog nie bereik is nie.

 

Ander programspesifieke inligting

Let wel:

Die semester waarin die modules aangebied word, mag van jaar tot jaar verskil.

Studente wat graag wil voortgaan met ‘n BScHons (RW) moet die Departement Rekenaarwetenskap kontak in verband met die korrekte toelatingsvereistes vir die graad. COS 301 en drie COS elektiewe is verpligte toelatingsvereistes vir BScHons (RW).

Slaag met lof

'n Graad (voorgraads) in die Skool vir IT word met lof toegeken aan 'n student indien hy/sy geen module van die finale studiejaar moes herhaal nie, ’n geweegde gemiddelde van minstens 75% vir al die voorgeskrewe modules van die finale studiejaar behaal het en op voorwaarde dat ’n subminimum van 65% verkry is in elkeen van die finalejaarmodules. Die graadprogram moet in die minimum voorgeskrewe tydperk voltooi word. Ad hoc-gevalle sal deur die Dekaan, in oorleg met die betrokke Departementshoof, hanteer word.

Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences