Code | Faculty |
---|---|
12263151 | Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie |
Credits | Duration |
---|---|
Duur van studie: 2 jaar | Totale krediete: 360 |
‘n Kandidaat met ‘n MA(Teologie) of gelykwaardige kwalifikasie met ‘n minimum finale punt van 65% word na ‘n bevredigende colloquium doctum met inagneming van die bepalings van Algemene Regulasies G.1.3 G.45 en G.62 tot die studie vir die PhD-graad toegelaat. Met die oog op die colloquium doctum moet die kandidaat ‘n eerste navorsingsvoorstel inlewer.
(i) Die student moet ‘n proefskrif lewer van internasionaal vergelykbare standaard wat handel oor ‘n onderwerp behorende tot die gebied van die Teologie en moet ook die proefskrif in die openbaar voor die Fakulteit verdedig.
(ii) Voornemende doktorale studente registreer vir Teologie Doktoraal Voorbereidend (Kode:06280002) indien so bepaal deur die Toelatings-komitee van die Nagraadse Komitee.
(iii) Die registrasietydperk vir Teologie Doktoraal Voorbereidend is maksimum een jaar en die student moet in oorleg met die promotor ‘n substansiële navorsingsvoorstel voorberei. Indien dit tydens die proses nodig blyk te wees kan die promotor addisionele materiaal van fundamentele aard (soos navorsingsmetodologie) wat vir die voorbereiding van die proefskrif onontbeerlik is vir studie en formele assessering voorskryf.
(iv) Wanneer die assessering bevredigend afgehandel is en die navorsingsvoorstel deur die departementshoof aanbeveel en deur die Navorsings- en Etiekkomitee van die Fakulteit Teologie goedgekeur is word die student toegelaat om vir die betrokke doktorale program te registreer.
Ing. 24
Sien ook die Algemene Regulasies. G.42 tot G.53.
(a) Behoudens die bepalings van die Algemene Regulasies G.42 en G.54 word ’n magistergraad vereis vir toelating tot studie vir die PhD.
(b) Tensy die Dekaan, op aanbeveling van die promotor anders besluit, word die PhD-graad toegeken op grond van ’n proefskrif en ’n eksamen oor die proefskrif.
(c) Tensy die Senaat, op aanbeveling van die betrokke promotor, anders besluit, moet die student voor of gelyktydig met indiening van die proefskrif, ’n bewys uitgereik deur ’n geakkrediteerde joernaal dat ’n artikel ingedien is, by die Hoof: Studenteadministrasie indien. Die artikel wat ingedien is moet gebaseer wees op die navorsing wat die student vir die proefskrif gedoen het en moet deur die promotor goedgekeur wees indien die promotor nie ’n mede-outeur is nie. Die promotor sal verantwoordelik wees om toe te sien dat die artikel deur die proses van hersiening en hervoorlegging geneem word, soos wat vereis mag word. Die toekenning van die graad is onderworpe aan nakoming van die voorwaardes van hierdie regulasie.
(d) Die student moet deur sy werk, proefskrif en eksamen bewys lewer van gevorderde oorspronklike navorsing en/of skeppende werk wat ’n wesenlike en besondere bydrae is tot die kennis van die ingenieurswetenskap en/of -praktyk.
Copyright © University of Pretoria 2025. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App