Yearbooks

Program: BAHons Afrikaans

Kindly take note of the disclaimer regarding qualifications and degree names.
Code Faculty
01240165 Faculty of Humanities
Credits Duration
Minimum duration of study: 1 jaar Totale krediete: 120
Contact:
Prof WD Burger
[email protected]
+27 (0)124206469

Admission requirements

A bachelor's degree (or equivalent qualification - with Senate approval) with at least 360 credits. A minimum of 94 credits must be obtained in Afrikaans and/or Dutch, of which at least 30 credits must be at third-year level.

Other programme-specific information

Hoogstens 1 module uit die LCC-modulegroep kan in die program ingesluit word.

Minimum krediete: 120

LCC 732 is verpligtend.

Core modules

  • Module-inhoud:

    Afrikaanse skeppende skryfwerk
    Die vermoë om bellettristiese tekste (prosa en/of poësie) te kan skryf word ontwikkel deur die bestudering en toepassing van verskillende skryftegnieke en -strategieë in werkswinkelverband; vertaling van tekste; kritiese analise van gevestigde skrywers se werk mbt teks- en genrekenmerke en skryftegnieke; die skryf, herskryf en afronding van eie tekste; kritiese en kreatiewe beoordeling van eie en medestudente se tekste; bestudering van teorieë en opvattings oor kreatiwiteit en die skryfproses; kennis van die keurings- en publikasieproses en manuskripvoorbereiding.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Afrikaanse historiese taalkunde
    Teoretiese oorsig van taalverandering in die algemeen en meer spesifiek toegepas op die ontwikkeling van Afrikaans. Spesiale aandag word ook gewy aan standaardisering en die konstruksie van identiteit.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Die Afrikaanse semantiek, leksikale semantiek en leksikologie
    'n Grondige oorsig word gegee oor die ontwikkeling van die onderskeie vakgebiede. Taal, betekenis en konteks word in samehang beskou. Die kognitiewe semantiek word in besonderhede behandel. Kwessies eie aan Afrikaanse taalverskynsels en woordeskat word aangeraak.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Kognitiewe grammatika:

    Daar word gekyk na die vooronderstellings van die kognitiewe linguistiek en een van die beskrywingsraamwerke in die veld, kognitiewe grammatika, word indrigend bestudeer. Verskillende morfologiese en sintaktiese konstruksies word daarna vanuit hierdie raamwerk beskryf sodat studente uiteindelik in staat sal wees om sulke beskrywings selfstandig te doen.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Rekenaarlinguistiek en korpuslinguistiek
    Die maniere waarop die rekenaar ingespan word in hedendaagse Afrikaanse taalondersoek word bekyk. Die gebruik van elektroniese korpora in die opstel van byvoorbeeld taalverwerwingskursusse en in taalkundige ondersoeke van allerlei aard (semanties, sintakties, morfologies, ens) word ondersoek. Navorsingsprojek word onderneem.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    'n Studie van die Afrikaanse drama met toespitsing op die Afrikaanse toneel, radio, televisie en film. In oorleg met die studente word leerplan bestaande uit aantal oeuvre- en tematologiese studies saamgestel.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Voëlvlug oor die Afrikaanse poësie van voor 1900 tot vandag; sisteme, periodisering, kanon(s) en kanoniseringsmeganismes, (hedendaagse) benaderingswyses en leesstrategieë, tradisies, gesprekke, oeuvres; intensiewe bestudering van enkele oeuvres/digbundels en temas.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Die vak behels seleksies uit die Afrikaanse prosatradisie. In oorleg met die studente word leerplan bestaande uit aantal oeuvre- en tematologiese studies saamgestel.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Kulturele agtergrond van die Lae Lande; oorsig oor die Nederlandse en Vlaamse prosa en poësie.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    The nature of human language, language knowledge, grammatical and pragmatic competence; language use, language acquisition and language change; components of grammar; analytical and descriptive concepts and techniques.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    The place, nature and function of theory of literature, research (hermeneutical, empirical), application; analysis, interpretation, evaluation and canonisation; literary systems (fields); capita selecta from 20th-century perspectives on literature and the study of literature; key issues in literary theory; primary and secondary sources.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Part 1 – Theoretical basis: The concepts “science” and “research”; the relationship “theory”, “research”, “application”, forms of research (inter alia descriptive, empirical, applied); the research process (from research proposal to research report: identification and formulation of the problem, development of hypotheses, data collection and interpretation, etc); the use of the computer in research. 
    Part 2 – Application: A limited research project in which the principles of research methodology are applied. A candidate must submit the topic and format to the head of department or his/her representative for approval.

    Sien meer


Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences