Jaarboeke

Program: PGDip Huisartskunde

Kindly take note of the disclaimer regarding qualifications and degree names.
Code Faculty
10220008 Fakulteit Gesondheidswetenskappe
Credits Duration
Minimum duur van studie: 1 jaar Totale krediete: 120
Contact:
Dr RPG Botha
[email protected]
+27 (0)124203111

Toelatingsvereistes

Die voornemende student moet in besit wees van 'n MBChB-graad of gelykwaardige kwalifikasie. Suid-Afrikaanse kandidate moet by die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika en nie-Suid-Afrikaanse kandidate by die Lisensieraad van hul land van herkoms as 'n mediese dokter geregistreer wees en aanvaarbare dokumentêre bewys hiervan voorlê.

Die dokter moet:

  • Ambulante pasiënte konsulteer;
  • Eerstekontakmediesesorg verskaf; en
  • Werk as ’n mediese algemene praktisyn.

Ander programspesifieke inligting

Twee akademiese jare deeltydse studie met ’n modulegebaseerde kurrikulum deur middel van afstandsonderrig.’n Gemengde benadering wat kampusgebaseerde onderrig, webgebaseerde onderrig en werkplekleer insluit, sal gevolg word.

Eksamens en slaagvereistes

Assessering

  1. Opdragte soos voorgeskryf deur die hoof van die department moet voorgel? word vir elk van die agt modules. Indien ’n student nie ten minste 50% behaal nie, word een hervoorlegging toegelaat vir elke module.
  2. Werkplekgebaseerde leer en assessering

Leer in die werkplek word gedryf deur eweknieleer en gedokumenteer deur ’n portefeulje van leer.
Die portefeulje van leer moet die volgende insluit:

  • Bewys van selfgerigte leer deur middel van ses (6) maandelikse leerplanne en refleksie (die opdragte sal deel vorm van die portefeulje);
  • Bewys van leer deur middel van tien (10) observasies per jaar; en
  • Bewys van aanleer van vaardighede deur die gebruik van ’n logboek
  1. Finale assessering

’n Jaarlikse assessering van die leer gedokumenteer in die portefeulje deur die Departement van
Huisartskunde.

Slaagvereiste
'n Finale punt van minstens 50% word vereis as ’n slaagpunt vir elke module.

Nasionale uitgangseksamen
’n Enkele nasionale uitgangseksamen sal landswyd aangebied word deur die College of Family
Physicians. Die portefeulje vorm deel van die assessering en die portefeulje sal die student toegang gee
tot die nasionale uitgangseksamen. Suksesvolle kanidate sal ’n Hoër Diploma van die Kollege ontvang
sowel as ’n Nagraadse Diploma van die Universiteit.

Slaag met lof

’n Gemiddelde van minstens 75% word vir die modules en die portefeulje vereis om die diploma met onderskeiding te verwerf.

Minimum krediete: 120

Kernmodules

  • Module-inhoud:

    Studie van die gesin as brandpunt van sorg; gesinsisteemteorie; vaardighede vir gesinsgerigte sorg; gesinslewensiklus; etiek aangaande hantering van gesinne; gesinsberaad; die gesin en chroniese siekte; gesinsgeweld en alkoholmisbruik in die gesin.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Studie van diabetes mellitis, asma, epilepsie, hipertensie, hartversaking, obesiteit en chroniese pyn.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Psigiatrie in huisartskunde

    Studie van depressie; angs; selfmoord; die moeilike adolessent; middelgebruik-misbruik; skisofrenie; demensie/delirium.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Inleiding: studie van aansteeklike siektes van belang vir die reisiger; aansteeklike siektes van belang in tropiese gebiede; virussiektes by kinders; koors van onbekende oorsprong; seksueel oordraagbare siektes; hemoragiese koorssiektes; infektiewe diarree; meningitis, leprose; MIV/vigs; tuberkulose; rabies; uitsluiting uit skole van kinders wat aan sekere aansteeklike siektes ly; gemeenskapsverworwe pneumonie (GVP); akute virushepatitis; rasionele gebruik van antibiotika en ander eksogene infeksies.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Studie van menslikehulpbronbestuur; finansiële bestuur; ouditering van bestuur, en dienstebestuur. Die studie van leierskap en bestuur vir prim?re kliniese sorg. Die studie van leer in prim?resorgspanne.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Studie oor die oorsprong en opkoms van Huisartskunde. Studie oor die beginsels van huisartskunde. Studie van konsultasie. Studie van pasiëntgesentreerde medisyne, kommunikasie en die dokter-pasient-verhouding. Die studie van mediese etiek.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Studie van prim?re sorg oor die hele spektrum van siektelas (HIV/VIGS, TB, moeder- en kindersorg, nie-oordragbare siektes, trauma en geweld) en in terme van die morbiditeitsprofiel van prim?re sorg in Suid-Afrika. Dit sluit in akute (nood-) sorg, chroniese sorg en in sommige gevalle dienste verskaf in die kraamsaal. Vaardigheidsvernuwing om te verseker dat prim?resorgdokters bekend is met die nuutste nasionale riglyne oor die hele spektrum van siektelas en dat hulle opgefris word in al die vereiste kliniese vaardighede.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Studie van die konsep van gemeenskapsgeoriënteerde gesondheidsorg. Studie van die vyf beginsels van gemeenskapsgeoriënteerde prim?re sorg: plaaslike gesondheid en institusionele analise, omvattende sorg, ekwiteit en diensintegrasie rondom verskaffers. ’n Praktiese gids om gemeenskapsgeoriënteerde prim?re sorg toe te pas.

Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences