Jaarboeke

Program: BCur Kliniese Verpleegkunde Mediese en Chirurgiese Verpleegkunde: Kritiekesorgverpleging: Algemeen

Kindly take note of the disclaimer regarding qualifications and degree names.
Code Faculty
10131089 Fakulteit Gesondheidswetenskappe
Credits Duration
Minimum duur van studie: 3 jaar
Contact:
Prof FM Mulaudzi
[email protected]
+27 (0)123541908

Programinligting

Die graad Baccalaureus in Verpleegkunde (Onderrig en Administrasie) [BCur (I et A)] bied aan professionele verpleegkundiges, geregistreer by die Suid-Afrikaanse Raad op Verpleging (SARV), die geleentheid om na-basiese, professionele kwalifikasies in enige van die ondergenoemde spesialiserings-rigtings (hoofspesialiteit) te verwerf:

  1. Verplegingsbestuur
  2. Verplegingsonderwys
  3. Gemeenskapsverpleegkunde
  4. Kliniese verpleegkunde, met ’n gekose subspesialiteit in die tweede studiejaar, naamlik:
  • Gevorderde Verloskunde en Neonatale Verpleegkunde
  • Neonatale Verpleegkunde
  • Kinderverpleegkunde
  • Mediese en Chirurgiese Verpleegkunde: Kritiekesorgverpleging: Algemeen
  • Mediese en Chirurgiese Verpleegkunde: Kritiekesorgverpleegkunde: Pediatries
  • Mediese en Chirurgiese Verpleegkunde: Kritiekesorgverpleging: Trauma- en Noodverpleging
  • Mediese en Chirurgiese Verpleegkunde: Operasiesaalverpleging
  • Kliniese Verpleegkunde, Gesondheidsdiagnose, Behandeling en Sorg

Suksesvolle voltooiing van die hele graadprogram sal aan gegradueerdes ook die geleentheid bied om hul studies, binne hul gekose spesialiserings-gebied, op nagraadse vlak voort te sit, indien daar voldoende aansoeke is.

Kandidate wat aan die betrokke toelatingsvereistes voldoen, moet ’n geskikte leergang binne die gekose spesialiseringsgebied, in oorleg met die departementshoof saamstel. Sodanige saamgestelde leergang moet in oorleg met die departementshoof op ’n jaarlikse basis hersien word.

Let wel: Raadpleeg ook die Algemene Regulasies.

Toelatingsvereistes

Registrasie as verpleegkundige met twee jaar ondervinding

Let asseblief daarop dat Graad 12-leerders nie vir hierdie programme kan aansoek doen nie.

Addisionele vereistes:

  • Minstens een jaar toepaslike ondervinding in die werkplek, wat betrekking het op die spesialiseringsgebied en goedgekeur deur die Departementshoof; ander verpleegkundeverwante kursuswerk uitgesluit.
  • Studente moet toegang hê, ten minste op ’n deeltydse basis, tot kliniese opleidingsfasiliteite wat geskik is vir die gekose spesialiseringsgebied en wat goedgekeur is deur die departementshoof.
  • Met die uitsondering van die subspesialiteite Kritiekesorgverpleging – Algemeen; Trauma- en Noodverpleging en Operasiesaalverpleging – moet studente ook by die Suid-Afrikaanse Raad op Verpleging as Vroedvrou/ Vroedmeester geregistreer wees.

Addisionele vereistes

  1. ’n Bewys van registrasie as Algemene Verpleegkundige by die Suid-Afrikaanse Raad op Verpleging.
  2. Kandidate wat Gemeenskapsverpleegkunde wil volg, moet ook as Vroedvrou/ Vroedmeester by die SARV geregistreer wees.
  3. Minstens twee jaar toepaslike ervaring as geregistreerde verpleegkundige in die werkplek (ander verpleegkundeverwante kursuswerk uitgesluit) word vereis in die geval van Verplegingsbestuur en Verplegingsonderwys.

Addisionele toelatingsvereistes vir Kliniese Verpleegkunde

  1. Minstens een jaar toepaslike ondervinding in die werkplek, wat betrekking het op die spesialiseringsgebied en goedgekeur deur die Departementshoof; ander verpleegkundeverwante kursuswerk uitgesluit.
  2. Studente moet toegang hê, ten minste op ’n deeltydse basis, tot kliniese opleidingsfasiliteite wat geskik is vir die gekose spesialiseringsgebied en wat goedgekeur is deur die departementshoof.
  3. Met die uitsondering van die subspesialiteite Kritiekesorgverpleging – Algemeen; Trauma- en Noodverpleging en Operasiesaalverpleging – moet studente ook by die Suid-Afrikaanse Raad op Verpleging as Vroedvrou/ Vroedmeester geregistreer wees.

Ander programspesifieke inligting

Minstens 360 krediete word vereis, onderhewig aan:

  1. Suksesvolle voltooiing op 100-, 200- en 300-vlak, van twee goedgekeurde hoofvakke (kernmodules) binne ’n gegewe spesialiteitsgebied.
  2. Suksesvolle voltooiing van alle voorgeskrewe fundamentele modules.
  3. Bevredigende prestasie en suksesvolle voltooiing van die vereiste praktiese werk en/of kliniese opleiding soos voorgeskryf vir die spesifieke vakgebied.
  4. Suksesvolle voltooiing van ’n goedgekeurde leergang (graadprogram) wat saamgestel is uit modules wat ekwivalent is aan 10 jaarmodules.

Oorgangsmaatreëls

Studente sal vrygestel word van voorgeskrewe modules op grond van ooreenstemmende modules in die voorafgaande sewe (7) jaar geslaag.

Eksamens en slaagvereistes

  • Ingevolge die bepalings van die Algemene Regulasies is daar geen minimum jaar- of semesterpunt wat benodig word om tot die eksamen toegelaat te word nie en kry alle geregistreerde studente outomaties toelating tot die eksamen.
  • Die finale punt vir 'n bepaalde module in Verpleegkunde, Fisioterapie, Radiografie, Arbeidsterapie en Mensvoeding (minstens 50% word vereis om te slaag) word bereken uit die eksamenpunt sowel as die punt saamgestel uit die evaluasie van 'n student tydens deurlopende, objektiewe en gekontroleerde assesserings-geleenthede gedurende die kwartaal/semester/jaar. Minstens een formele assessering per module word as die minimum norm in dié verband gestel, en studente sal deurgaans op ’n gereelde grondslag aan selfgerigte leeropdragte blootgestel word ten einde selfgerigte leer te bevorder.
  • In die geval van modules met praktiese komponente word vereis dat die studente aan al die toepaslike bywoningsvereistes met betrekking tot die bemeestering van praktiese vaardighede voldoen alvorens ’n slaagpunt vir die module verwerf word.
  • Daar is twee hoofeksamengeleenthede per jaar, die eerste en tweede eksamen. Ten opsigte van eerstesemestermodules is die eksamengeleentheid in Mei/Junie en die tweede eksamengeleentheid in Julie. Ten opsigte van tweedesemester-modules is die eerste eksamengeleentheid in Oktober/November en die tweede eksamengeleentheid in November/Desember van dieselfde jaar. In gevalle waar studente addisionele kliniese werkure moet voltooi om tot ’n tweede eksamen toegelaat te word, sal die departementshoof die tweede eksamengeleentheid bepaal.
  • Slegs twee eksamengeleenthede per module is toelaatbaar. Indien ’n student ’n module tydens die tweede eksamengeleentheid druip, moet die betrokke module herhaal word.
  • 'n Tweede eksamengeleentheid in ’n module word in die volgende gevalle aan studente verleen:

- Indien ’n student ’n finale punt van minder as 50% in die betrokke module gedurende die eerste eksamengeleentheid behaal het en dus druip.
- Indien ’n student nie die subminimum in die eksamen, wat vir ’n bepaalde module vereis word, behaal het nie.
- Indien ’n student weens siekte of buitengewone omstandighede nie die eksamen in ’n module gedurende die eerste eksamengeleentheid kon aflê nie.

  • Studente wat weens bogemelde redes die tweede eksamen wil aflê, moet 24 uur na die uitslae ontvang is, registreer vir die tweede eksamengeleentheid.
  • Indien ’n student ’n module tydens die eerste eksamengeleentheid gedruip het, word die eksamenpunt wat hy of sy tydens die tweede eksamengeleentheid in die betrokke module behaal, as die finale punt verreken. Die punte wat met die deurlopende evaluering gedurende die kwartaal/semester/jaar verwerf word, word nie in berekening gebring nie. Indien die student die module tydens die tweede eksamengeleentheid slaag, word nie meer as 50% as slaagpunt in die betrokke module toegeken nie.
  • Indien ’n student as gevolg van siekte of buitengewone omstandighede nie aan die eksamen in ’n module tydens die eerste eksamengeleentheid kon deelneem nie, word die deurlopende evalueringspunt, tesame met die eksamenpunt wat tydens die tweede eksamengeleentheid in die betrokke module behaal is, as die finale punt in die module behaal, bereken.
  • Die Skool vir Gesondheidsorgwetenskappe pas die bepalings van die Algemene Regulasies toe. Daarvolgens mag ’n student wat ’n beperkte aantal modules uitstaande het ten einde aan graadvereistes te kan voldoen, kragtens fakulteitsregulasies tot ’n spesiale eksamen daarin toegelaat word.

Bevordering tot volgende studiejaar

  • 'n Student moet al die voorgeskrewe kernmodules van 'n spesifieke studiejaar slaag ten einde bevorder te kan word tot die daaropvolgende studiejaar. 'n Student kan slegs tot 'n volgende studiejaar bevorder word indien hy of sy nie meer as twee fundamentele modules van sewe weke elk per semester of een module van 14 weke per semester gedruip het nie. ’n Ononderhandelbare voorvereiste vir toelating tot die finale studiejaar is slaagpunte in al die kern- en fundamentele modules van die voorafgaande studiejare.
  • Raadpleeg die Jaarboek vir fundamentele modules in elke dissipline.
  • 'n Slaagpunt verwys na 'n finale punt van minstens 50%.
  • Modules met krediete vir praktiese werk en kliniese opleiding kan nie geslaag word nie, alvorens al die voorgeskrewe kliniese ure en praktiese aktiwiteite tot die bevrediging van die departementshoof voltooi is.
  • Die Voorsitter van die eksamenmodereringsvergadering mag na beoordeling van die student se totale profiel, spesiale toestemming aan die student verleen/toestaan om tot 'n volgende studiejaar bevorder te word.
  • Die uitsondering is die Departement Mensvoeding, waar die regulasies van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe ten opsigte van die modules deur daardie Fakulteit aangebied, van toepassing is.
  • Modules kan slegs vooruitgeneem of herhaal word indien dit in die bestaande eksamenrooster geakkommodeer kan word.
  • 'n Student wat 'n studiejaar herhaal, mag met die toestemming van die Voorsitter van die eksamenmodereringsvergadering en die betrokke departementshoof, toegelaat word om fundamentele modules van die daaropvolgende jaar te neem, mits hy of sy aan die voorvereistes vir die betrokke modules voldoen. Geen aanpassing van bestaande roosters sal toegelaat word nie. Die volgende fundamentele modules is ter sprake:

Departement Verpleegkunde: SLK 110, 120; FSG 251, 252.

  • Departement Fisioterapie: SOH 254; FSG 251, 252, 261, 262, SLK 210
  • ANP 210, GMB 252, 253, 254, FAR 381, 382
  • Departement Arbeidsterapie: ZUL 110; SEP 110; SLK 210, 220;
  • FSG 251, 252, 261, 262; ANP 210; RPD 481; GNK 286
  • Departement Mensvoeding:  FLG 211, 212, 221, 222;
  • BCM 251, 252, 261, 262; FAR 381, 382, VDS 322; VDB 321
  • Departement Radiografie:  FSG 251, 252, 262; GNK 286; ANP 210.

Praktiese/kliniese/internskapinligting

Sekere hospitale en gesondheidsorgfasiliteite is goedgekeur vir die doel van praktiese en kliniese opleiding. Daar sal van studente verwag word om hul praktiese werk en/of kliniese opleiding aan hierdie fasiliteite te voltooi.

Slaag met lof

Die graad word met lof aan studente toegeken wat ’n gemiddelde van minstens 75% in die vereiste 300-vlak modules behaal het.

Algemene inligting

Fakulteitsertifikate

  1. Studente wat uittree uit die program voor voltooiing van die graad, en wat voldoen aan al die vereistes vir die registrasie van 'n addisionele kwalifikasie by die SARV, sal 'n toepaslike Fakulteitsertifikaat ontvang.
  2. Lysting of registrasie by die SARV kan verkry word in die volgende spesialiteitsgebiede, na gelang van van die spesifieke modules wat geslaag is:
  1. Lysting: Medisynehantering in Verpleging en die Fisiese Evaluering van Pasiënte
  2. Registrasie
  • Verpleegadministrasie
  • Verplegingsonderwys
  • Gemeenskapsverpleegkunde
  • Gevorderde Verloskundige en Neonatale Verpleegkunde
  • Neonatale Verpleegkunde
  • Kinderverpleegkunde
  • Mediese en Chirurgiese Verpleegkunde: Kritiekesorgverpleging – Algemeen
  • Mediese en Chirurgiese Verpleegkunde: Kritiekesorgverpleging – Pediatries
  • Mediese en Chirurgiese Verpleegkunde: Kritiekesorgverpleging – Trauma- en Noodverpleging
  • Mediese en Chirurgiese Verpleegkunde: Operasiesaalverpleging
  • Kliniese Verpleegkunde, Gesondheidsdiagnose, Behandeling en Sorg

Minimum krediete: 98

Fundamentele modules

  • Module-inhoud:

    Gesondheidsorgomgewing: struktuur, dinamiek en impak op die kliniese standaarde van die verpleegpraktyk. Nasionale bevolkings- en gesondheidsprofiele. Epidemiologiese uitgangspunte oor gesondheid. Die gesondheidsorgomgewing en die dinamiek van gesondheidsorgdienste. Faktore wat kontemporêre gesondheidsdienslewering beïnvloed. Beleid en die lewering van gesondheidsorg in Suid-Afrika. Geselekteerde gesondheidsorgpraktykmodelle (insluitend die eienskappe van die verpleegpraktyk). Die basiese beginsels en metodologie van verpleegnavorsing. Toepassing van navorsing op die verpleegpraktyk. Leierskapsbeginsels in die verpleegpraktyk. Leierskapstyle en -vaardighede. Leidinggewing in die verplegingseenheid. Beginsels van menslikehulpbronbestuur en -ontwikkeling. Die beginsels van volwasse-onderrig en leer in die kliniese praktyk. Die volwasse leerder en evaluering.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Kommunikasie- en bestuursbeginsels vir die verpleegpraktyk. Selfhandhawing en interpersoonlike kommunikasie, spanbou en die bestuur van kulturele diversiteit en verandering. Geskrewe kommunikasie. Bestuur van konflik, krisis-tussentrede en streshantering. Fasilitering van gesondheids-, welsyns- en gemeenskapsontwikkeling. Basiese eerstevlakbestuursbeginsels in die verpleegpraktyk. Kwaliteitsversekering en standaarde vir die verpleegpraktyk. Beginsels van finansiële beplanning en bestuur. Privaatverpleegpraktyk. Eties-wetlike raamwerk vir die verpleegpraktyk. Professionele pligte en verantwoordelikhede van geregistreerde verpleegkundiges en vroedvroue/vroedmeesters. Ontwikkeling van die verpleegprofessie, die etos en fundamentele standpunte van verpleging. Beginsels van professionele praktyk. Praktykbestuur, statutêre beheer en professionele selfregulering. Menseregte, die regte van pasiënte en internasionale perspektiewe op pasiëntsorg. Etiek, etiese dilemmas en etiese besluitneming in die verpleegpraktyk.

    Sien meer

Kernmodules

  • Module-inhoud:

    Statutêre raamwerk en wetenskaplike basis vir kliniese verpleegkunde. Kliniese verpleegpraktyk: wetlike aspekte, statutêre en professionele beheer. Homeostase, basiese wetenskappe en kritiese denkoefeninge in kliniese verpleging. Probleemgedrewe kliniese verpleegpraktyk. Probleemoplossing: eienskappe, voordele en die probleemoplossingsproses. Probleemoplossing en die verpleegproses. Aspekte van stelselgeoriënteerde verpleegsorg: beraming, diagnose, beplanning, implementering en evaluering.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Kliniese beredenering in die verpleegpraktyk. Kliniese oordeel en kliniese besluitneming. Kontekstuele en taakeienskappe van kliniese besluitneming. Strategieë om kliniese beredenering te verbeter. Kliniese beredenering in die beraming van siekteprosesse en in die evaluering van behandelingsmodaliteite vir siekteprosesse in die verpleegpraktyk. Reflektiewe kliniese verpleegpraktyk. Reflektiewe verpleegpraktyk: beginsels en toepassing. Lewering van probleemgedrewe, probleemgebaseerde en holistiese verpleegsorg in akute sorgomgewings.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Algemene kliniese verpleegpraktykstelsels. Noodhulp, KPR en primêre noodsorg. Hemodinamiese monitering, die evaluering van oksigenasiestatus, suurbasisewewig en elektrolietbalans. Beginsels van meganiese ventilering. Basiese interpretasievaardighede vir radiografiese beelding. Elektrokardiografie: basiese beginsels en toepassing. (Vorige kodes: VPT 100, VGK 101. )

    Sien meer

Minimum krediete: 187

Kernmodules

  • Module-inhoud:

    Teorie van gespesialiseerde verpleegpraktyk. In een van die volgende kliniese vepleegkunde spesialiseringsareas; kritiekesorg, noodverpleegkunde, gevorderde verloskundige verpleegkunde, neonatale verpleegkunde, kinderverpleegkunde of operasiesaalverpleegkunde. Kontemporêre probleme en praktykaangeleenthede.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Teorie van gespesialiseerde verpleegpraktyk. In een van die volgende kliniese vepleegkunde spesialiseringsareas; kritiekesorg, noodverpleegkunde, gevorderde verloskundige verpleegkunde, neonatale verpleegkunde, kinderverpleegkunde of operasiesaalverpleegkunde. Kontemporêre probleme en praktykaangeleenthede.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Praktika volgens die spesialiseringsrigting.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Gespesialiseerde kliniese verpleegpraktykstelsels. Verpleegpraktykstelsels in een van die volgende kliniese verpleegkunde spesialiseringsareas: kritiekesorg, noodverpleegkunde, gevorderde verloskundige verpleegkunde, neonatale verpleegkunde, teaterverpleegkunde of kinderverpleegkunde. Kontemporêre vraagstukke en tendense.

    Sien meer

Minimum krediete: 97

Fundamentele modules

Kernmodules

  • Module-inhoud:

    *Slegs vir BNur studente
    Bedryf- en Organisasiesielkunde is ‘n toegepaste veld van die Sielkunde wat fokus op werknemer en organisatoriese gedrag. Die module het ten doel om die student bekend te stel aan:

    • die geskiedenis en ontwikkeling van die Sielkunde asook die Bedryf- en Organisasiesielkunde
    • die verskillende sub-areas van die Sielkunde asook die Bedryf- en Organisasiesielkunde
    • hoe die verskillende teoretiese denkskole in die Sielkunde die psige van die mens en mens-gedrag beskou
    • die genetiese en biologiese basis van mens-gedrag, ‘n beter begrip vir individuele verskille aan te toon en ‘n inleiding tot ergonomiese beginsels te gee
    • hoe wetenskaplike navorsing die grondslag vorm om mens-gedrag te verstaan en te hanteer sodat optimale funksionering van die mens in die werkomgewing bereik kan word.

    Individuele prosesse
    In hierdie afdeling word die beginsels van leer soos dit in die werkkonteks voorkom, ondersoek. Die rol van persepsie binne werkverband word behandel deur te kyk na qaspeket soos vorm-, diepte-, afstand– en kleurpersepsie.  Kognisie, denke, redenering, geheue, kreatiwiteit en besluitneming word behandel. Intelligensie word toegelig en in perspektief geplaas binne die veld van die bedryf– en organisasiesielkunde.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Slegs vir BNur-studente

    Menslike ontwikkeling en persoonlikheid
    Die lewenspan en belangrike periodes in die menslike omgewing word behandel met die klem op die betekenis daarvan in die werkkonteks.  Ten opsigte van persoonlikheid word daar onder andere aandag gegee aand ie kulturele konteks van persoonlikheid, die vorming, dimensies en determinante van persoonlikheid, persoonlikheid as gedragsbepaler en die ont¬wikkeling en instandhouding van die selfkonsep.  Aandag word ook gegee aan die basiese metodes van persoonlikheidsmeting en –assessering.

    Motivering en werknemer welstand
    Een van die baie faktore wat deel vorm van individuele prosesse is Motivering en Emosie. Om insig te hê in individuele prosesse sal bydra tot 'n begrip van hoe en waarom werknemers presteer by hulle werkplekke . Die eerste deel van hierdie semester kursus het ten doel om die student bekend te stel aan die fundamentele teorieë van motivering en emosie. Die tweede deel van hierdie semesterkursus is gemoeid met die erkenning en klassifikasie van sielkundige versteurings, asook die bestuur en bevordering van psigologiese welstand in organisasies. 'n Positiewe siening van psigologiese gesondheid het ten doel om die persoon se innerlike hulpbronne of sterkpunte en uithouvermoeë te fasiliteer sodat hulle gesond bly en effektief kan omgaan.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Leerstrategieë en onderwysmedia Ontwikkeling van onderwysstrategieë en ontwerp van oudiovisuele hulpmiddels en evalueringsmiddele. Teorie van didaktiek. Kognitiewe en intellektuele funksionering van volwassenes. Onderwysverhoudinge.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Kurrikulum- en programontwikkeling. Toepassing van die beginsels van kurrikulumbou. Kurrikuleringsbestuur, asook programbestuur en bestuur van verplegingskole. Studentebegeleiding. Leerprobleme en remediëringspraktyke. Studente-ondersteuningstelsels. Leerteorieë.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Slegs bywoningsmodule Verpleegonderwys praktiese werk. Verpligte praktiese werk, insluitend die voorbereiding en aanbieding van minstens tien (10) lesings en vyf (5) kliniese onderwyssessies.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Rol en funksies van die kliniese verpleegspesialis in sy/haar spesialiseringsrigting. Kontemporêre tendense, vraagstukke en dilemmas in die kliniese verpleegpraktyk.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Ontwikkeling van verplegingsonderwys. Historiese ontwikkeling van verplegingsonderwys. Filosofiese aspekte en die funksionering van verpleegskole. Onlangse verwikkelinge in die verplegingsonderwys. Uitkomsgebaseerde onderwys (UGO). Kurrikulumontwikkeling. Kurrikulumbou. Korrelasie tussen teorie en praktyk. Die leerproses en die aktiewe betrokkenheid van die leerder.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Fasilitering van leer. Bepaling van vordering en evaluering. Verpleegproses as modaliteit in verplegingsonderwys. Toewysing van leerders in die kliniese praktyk en die fasilitering van kliniese leer. Verpleegteorieë en hul toepassing.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Sisteembenadering, teorieë en beleid: toepassing in verplegingsbestuur. Etiese kode en die generiese administratiewe proses. Beplanning en organisering op eerstevlakbestuur. Gesondheidsorgfasiliteite, finansiële beplanning en tydbenutting. Probleemoplossing, verandering en organisering.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Leidinggewing op eerstevlakbestuur. Personeelvoorsiening en -benutting. Leierskap. Beheer op eerstevlakbestuur, inspeksies en toesighouding. Pasiëntklassifikasie en rekordhouding.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Slegs bywoningsmodule Verplegingsbestuur prakties. Verpligte praktiese werk, insluitend: begroting, statistieke, nie-verpleegkundige take, posbeskrywings, memoranda en verslagskrywing. Instrument vir die evaluering van werkverrigting.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Gespesialiseerde kliniese verpleegstelsels. Die meer gevorderde verpleegpraktykstelsels in een van die volgende kliniese verpleegspesialiseringsrigtings: kritiekesorg, noodverpleegkunde, verloskundige verpleegkunde, neonatale verpleegkunde, teaterverpleegkunde of kinderverpleegkunde. Kontemporêre vraagstukke en tendense.

    Sien meer


Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences