Jaarboeke

Program: Nagraadse Diploma Teologie en Bediening

Kindly take note of the disclaimer regarding qualifications and degree names.
Code Faculty
06220002 Fakulteit Teologie en Religie
Credits Duration
Minimum duur van studie: 1 jaar Totale krediete: 120

Programinligting

Die Nagraadse Diploma (Teologie en Bediening) beoog die verwerwing van gevorderde teologiese kundigheid en praktiese vaardighede en is gemik op die algemene, breë bedieningspraktyk van die predikant. Kerkspesifieke opleiding en vorming word in samewerking met kerklike vennote aangebied.

Toelatingsvereistes

Behoudens die bepalings van Algemene Regulasies, word die BTh- (drie jaar van studie) en BDiv-graad (vier jaar van studie), of ’n kwalifikasie met ? minimum SAKO Vlak 7 uitkoms.

Addisionele vereistes

Behoudens die bepalings van Algemene Regulasies, word die BTh- (drie jaar van studie) en BDiv-graad (vier jaar van studie), of ’n kwalifikasie met ? minimum SAKO Vlak 7 uitkoms.

Eksamens en slaagvereistes

  1. Eksamens word afgelê in ooreenstemming met ’n eksamenrooster wat deur die Dekaan bepaal word.
  2. Hereksamens word afgelê in ooreenstemming met ’n hereksamenrooster wat deur die Dekaan bepaal word.
  3. ’n Student kan in die finale studiejaar in hoogstens drie modules tot hereksamens toegelaat word. Die hereksamenrooster word deur die Dekaan vasgestel.

Slaag met lof

Die diploma word met lof aan ? student toegeken wat ten minste ? geweegde gemiddeld van 75% (GPA) in al die voorgeskrewe modules behaal op voorwaarde dat nie een van die modules voorheen gedruip is nie en dat die program binne die voorgeskrewe minimum tydperk voltooi is.

Minimum krediete: 120

Alle modules moet gedoen word.

Kernmodules


Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences