Jaarboeke

Program: BAHons Staatsleer

Kindly take note of the disclaimer regarding qualifications and degree names.
Code Faculty
01240412 Fakulteit Geesteswetenskappe
Credits Duration
Minimum duur van studie: 1 jaar Totale krediete: 120
Contact:
Mr RD Henwood
[email protected]
+27 (0)124202687

Toelatingsvereistes

  • ’n Toepaslike baccalaureusgraad met Staatsleer of ’n direk verwante rigting as hoofvak/ spesialiseringsgebied. 
  • ’n Gemiddelde van 70% word in die hoofvak/spesialiseringsgebied vereis.

Addisionele vereistes

In sekere gevalle kan addisionele modules vereis word.

Ander programspesifieke inligting

In oorleg met die programbestuurder en met die goedkeuring van die departementshoof kan studente een keusemodule

Slegs sekere modules word jaarliks aangebied. Raadpleeg die departement in dié verband.

Minimum krediete: 120

Kernmodules

  • Module-inhoud:

    Dieptestudie en evaluasie van die metateoretiese en teoretiese grondslae van moderne politiek. Die klem val op die idees en teorieë wat vormend is van politiek in die hedendaagse wêreld, sowel as op die vraagstukke en veranderinge in die samelewing wat bestaande politieke teorieë op die proef stel.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    ’n Beperkte navorsingsverslag van 8 000-10 000 woorde, gebaseer op onafhanklike navorsing wat deur die student in ’n spesialisveld van staatsleer gedoen is, word onder leiding van ’n toesighouer geskryf. Dit word voorafgegaan deur ’n inleiding tot gevorderde politieke navorsing in die dissipline met inbegrip van toepaslike navorsingsmetodologie, navorsingsetiek, en die beplanning en dokumentering van navorsing.

    Sien meer

Keusemodules

  • Module-inhoud:

    Die module fokus op politieke sisteme in Afrika, die posisie en rol van Afrika in die internasionale sisteem en aspekte van regionalisme en regionalisering. ’n Ontleding en analise word gemaak van belangrike vraagstukke, uitdagings, tendense en transformasies wat betref die plaaslike politiek en die regionale en internasionale verhoudinge van Afrikastate, insluitend pan-Afkrikanisme.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Die teorie en praktyk van vredesendings en politieke konflik met spesifieke verwysing na die klassifikasie, oorsake, ontwikkeling, manifestasies, bestuur en gevolge van politieke konflik. Klem word veral geplaas op die verskillende fasette van vredesendings en politieke konflikbestuur, soos konflikvermyding, -voorkoming, -skikking en -resolusie, asook op die proses van bedinging, onderhandeling en (derdeparty)-mediasie. ’n Ontleding van geselekteerde gevallestudies word gedoen met spesifieke verwysing na mediasie in gewelddadige konflikte in Afrika.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Hierdie module verskaf oorsig van die Europese Unie en hoofrigtings van verandering binne Europa word vanuit politiek-ekonomiese perspektief ondersoek. Die belangrikste elemente wat bestudeer word, is teoretiese aspekte van politieke en ekonomiese integrasie; die ontwikkeling van die "Idee van Europa" met klem op die rol van seminale denkers en die hoof historiese kragte; die evolusie van Europese integrasie; struktureel-funksionele ontleding van die hoofinstellings van die EU; die belangrikste vraagstukke wat die EU konfronteer; en die EU se ontwikkelings- en hulpbeleid aan die state van Afrika, die Karibiese Eilande en die Stille Oseaaneilande met klem op die Cotonou Ooreenkoms en die HOSO met Suid-Afrika.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Gevorderde studie van beleidanalise. Beleidanalise as benadering tot openbare beleid stel ten doel om modelle en navorsing te integreer en te kontekstualiseer. Spesiale aandag word geskenk aan meta-analise (metodes en benaderings), meso-analise en besluitnemingsanalise.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Studie van Suid-Afrikaanse politiek met verwysing na politieke instellings, die politieke proses, politieke vraagstukke en beleid. Die klem val op resente gebeure en ontwikkelinge in die nasionale en die internasionale politieke omgewings. Faktore wat in hierdie verband bestudeer word, sluit in: politieke partye, organisasies en instellings, die politieke stelsel, die ontwikkeling van die politieke stelsel, stelselaanpassings, transformasie en legitimiteit, invloede op die politieke omgewing, verkiesings, politieke leierskap, beleid en die ontwikkeling van beleid.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Die klem is op die ontwikkeling van vergelykende politiek; probleme in die vergelykende studie van politieke objekte en in die evaluering van benaderings en beginsels onderliggend aan vergelykende analise; sowel as die identifisering en evaluering van nuwe benaderings. Hierdie kennis word toegepas op spesifieke gevallestudies.

    Sien meer


Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences