Jaarboeke

Visuele kultuurstudies 211


 
Modulekode VKK 211
Kwalifikasie Voorgraads
Fakulteit Fakulteit Geesteswetenskappe
Module-inhoud Gender, seksualiteit en visuele voorstelling Hierdie module bied ‘n inleiding tot die uitbeelding van seks, gender en seksualiteit in visuele kultuur. Gender teorieë en terminologie wat verband hou met feminisme, manlikheid studies en lbgtq teorieë (lesbiese, biseksueel, homoseksueel, transgenderisme, queer) word ondersoek. Temas en brandpunte rakende gender en identiteitspolitiek soos die figuur van die manlike held, die vroulike naak in die laat 19de eeuse kuns, die femme fatale, histerie, androginie en transseksualiteit word hanteer. Seksualiteit en gender in ‘n wye verskeidenheid van visuele kultuur uitbeeldings soos sepies, sitcoms, kunswerke, advertensies, mode, musiekvideos en films word belig.
Modulekrediete 20.00
Diensmodules Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie
Voorvereistes Geen voorvereistes.
Kontaktyd 1 besprekingsklas per week, 2 lesings per week
Onderrigtaal Afrikaans en Engels word in een klas gebruik
Departement Visuele Kunste
Aanbiedingstydperk Semester 1

Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences