Jaarboeke

Ontwerp 203


 
Modulekode ONT 203
Kwalifikasie Voorgraads
Fakulteit Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie
Module-inhoud Die proses en produk van ontwerp deur integrasie van die inhoud van ondersteunende modules. Ruimtelike ontwerp as respons tot gebruiker. Ontwerp van inklusiewe omgewings, hergebruik van argitektoniese ruimte, beplanning en vormgewende prosesse, produksie en identiteit as ontwerpdeterminante. Die invloed van persepsie, ergonomie en die tektoniese op ruimtemaking. Scenografiese, produk, uitstal of installasie-ontwerp. Vaardighede: opstel van programme, ontleding van argitektoniese ruimte, tydsbenutting, gevorderde grafiese en reprografiese tegnieke. Toepaslike teorie wat die ontwerpondersoek in binne-argitektuur rig en ondersteun.
Modulekrediete 60.00
Voorvereistes AAL 110, KON 111, KON 121, OML 110, OML 120 en ONT 100
Kontaktyd 17 studio ure per week, 2 lesings per week
Onderrigtaal Module word in Engels aangebied
Departement Argitektuur
Aanbiedingstydperk Jaar

Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences