Jaarboeke

Inligtingkunde 230


 
Modulekode INL 230
Kwalifikasie Voorgraads
Fakulteit Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie
Module-inhoud Gebruikerstudies en verspreiding. Hierdie module fokus op die individu as soeker, gebruiker, leser en kommunikeerder van inligting. Verskillende gebruikersgroepe word geïdentifiseer en die maniere waarop hulle inligting gebruik, asook die vereistes wat hulle aan kommunikasie stel en hul kommunikasiepatrone, word ontleed en ondersoek. Die module sluit ook diensverskaffingmetodes in waardeur die gebruik en verspreiding van inligting, in ooreenstemming met gebruikersbehoeftes, ondersteun en bevorder word.
Modulekrediete 20.00
Diensmodules Fakulteit Geesteswetenskappe
Voorvereistes Geen voorvereistes.
Kontaktyd 3 lesings per week, 3 praktiese sessies per week
Onderrigtaal Aparte klasse vir Engels en Afrikaans
Departement Inligtingkunde
Aanbiedingstydperk Semester 1

Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences