Jaarboeke

Inligtingkunde 130


 
Modulekode INL 130
Kwalifikasie Voorgraads
Fakulteit Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie
Module-inhoud Persoonlike inligtingbestuur. Hierdie module fokus op persoonlike inligtingbestuur binne 'n organisatoriese konteks. Dit handel oor die bestuur van inligting wat spesifiek te doen het met die individu en wat hom/haar dus in staat stel om sy/haar werk te verrig. Onderwerpe wat behandel word, sluit die volgende in: die skep van 'n omgewing waarbinne die individu inligting en kennis kan bestuur; die vaardighede wat nodig is om persoonlike inligting- en kennisbestuur te kan doen; inligtingoorlading wat aanleiding gee tot persoonlike inligting- en kennisbestuur sowel as die manier waarop individue kan oorskakel van persoonlike inligtingbestuur na persoonlike kennisbestuur; en persoonlike inligting- en kennisbestuur as 'n beroep.
Modulekrediete 12.00
Diensmodules Fakulteit Geesteswetenskappe
Voorvereistes Geen voorvereistes.
Kontaktyd 3 lesings per week, 1 praktiese sessies per week
Onderrigtaal Aparte klasse vir Engels en Afrikaans
Departement Inligtingkunde
Aanbiedingstydperk Semester 1

Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences