Jaarboeke

Ontwikkelingsteorieë 751


 
Modulekode GSO 751
Kwalifikasie Nagraads
Fakulteit Fakulteit Geesteswetenskappe
Module-inhoud Veranderende houdings teenoor verandering en maatskaplike ongelykhede in historiese en ruimtelike perspektief. Die begrip "ontwikkeling" binne die natuur- en menswetenskappe. Kernbegrippe in ontwikkelingsteorie: kapitalisme, sosialisme, kolonialisme en neokolonialisme. Veranderende ontwikkelingsteorieë: Lineêre stadia-teorie, neo-klassieke strukturele veranderingsmodel, modernisasieteorie, afhanklikheidsteorie en post-modernistiese uitdagings. Kontemporêre debatte oor die benutting van wetenskaplike kennis: voorspellings en verwerkliking van verandering; etiese vraagstukke en multidissiplinêre samewerking in ontwikkeling. Verhouding tussen teorie en praktyk en tussen gemeenskapsontwikkeling en verwante spesialisasierigtings.
Modulekrediete 20.00
Voorvereistes Geen voorvereistes.
Kontaktyd 1 ander kontak per week, 2 lesings per week
Onderrigtaal Module word in Engels aangebied
Departement Antropologie en Argeologie
Aanbiedingstydperk Semester 1

Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences