Jaarboeke

Duits vir beginners 104


 
Modulekode DTS 104
Kwalifikasie Voorgraads
Fakulteit Fakulteit Geesteswetenskappe
Module-inhoud *Geen vorige kennis of ondervinding van Duits word vereis vir toelating nie. Studente wat graad 12-Duits geslaag het, word nie toegelaat tot hierdie module nie. ’n Intensiewe inleidende studie van die Duitse taal wat fokus op die aanleer van basiese kommunikasievaardighede naamlik luister, lees, praat en skryf. Dit bied ook ’n kort inleiding tot die kultuur van Duitssprekende lande. Hierdie module voldoen aan die vereistes vir vlak A2 van die “Common European Framework of Reference for Languages”.
Modulekrediete 24.00
Voorvereistes Geen voorvereistes.
Kontaktyd 4 besprekingsklasse per week, 1 lesing per week
Onderrigtaal Afrikaans en Engels word in een klas gebruik
Departement Moderne Europese Tale
Aanbiedingstydperk Jaar

Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences