Modulekode | FST 401 |
Kwalifikasie | Voorgraads |
Fakulteit | Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe |
Module-inhoud | Suiweltegnologie: Die tegnologie van vloeibare, gekonsentreerde, verpoeierde, bevrore en gefermenteerde suiwelprodukte asook suurselkulture. Vereistes gestel aan die melkvoorraad en ander bestanddele. Beginsels betrokke by die bereiding van produkte in hierdie kategorie. Defekte wat mag voorkom: hul oorsake en voorkoming. Praktika: Bereiding van kondensmelk, vla, reg-om-te-eet melkgebaseerde nageregte, gegeurgde melkdranke, melkvrugtesapmengsels; roomys en ander bevrore nageregte; joghurt en ander gefermenteerde melkprodukte; kase. Evaluering en beoordeling van die produkte. Effek van prosessering op die voedingswaarde van suiwelprodukte. Fabrieksbesoeke. Vleis-, pluimvee, vis -en eiertegnologie: Verwerkingsprosesse en toerusting vir prosessering van vleis, pluimvee, vis en eiers. Vleisemulsie, kuurproses, drogings- en fermentasietegnologieë. Preservering en opberging. Verpakking. Wetgewing. Kwaliteitsbeheer en higiëne. Effek van prosessering op die voedingswaarde van vleisprodukte. Praktika: Vervaardiging van gedroogde, gekuurde, gefermenteerde en emulsietipe produkte. Besoeke aan verwerkingsfabrieke. |
Modulekrediete | 20.00 |
Programme |
|
Voorvereistes | FST 361 of TDH |
Kontaktyd | 30 besprekingsklasse, 9 praktiese sessies per week |
Onderrigtaal | Module word in Engels aangebied |
Departement | Voedselwetenskap |
Aanbiedingstydperk | Semester 2 |
Copyright © University of Pretoria 2023. All rights reserved.
COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal
To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]
Get Social With Us
Download the UP Mobile App