Code | Faculty |
---|---|
10130012 | Fakulteit Gesondheidswetenskappe |
Credits | Duration |
---|---|
Minimum duur van studie: 3 jaar | Totale krediete: 428 |
Dr JM Louw [email protected] | +27 (0)123563309 |
Die geïntegreerde, uitkomsgebaseerde, probleem-georiënteerde graadprogram bestaan uit teoretiese modules en kliniese rotasies.
Minimum vereistes | ||||||||
Prestasievlak | TPT | |||||||
Engels | Wiskunde | |||||||
NSS/IEB | HIGCSE | AS-Level | A-Level | NSS/IEB | HIGCSE | AS-Level | A-Level | |
4 | 3 | D | D | 4 | 3 | D | D | 25 |
Raadpleeg ook die Algemene Regulasies.
Let wel: Derde studiejaar
Slaag van 'n module in die BKliniese Mediese Praktyk-graadprogram
Hierdie evaluasies sal een of meer van die volgende insluit:
Alle modaliteite van ’n finale eksamen moet gesamentlik as ’n siekte- of buitengewone eksamen afgelê word, selfs al was ’n deel daarvan alreeds as deel van die eksamen in die vorige eksamenperiode afgelê. Die finale modulepunt word bereken uit die punte van al die afdelings/modaliteite van die siekte-/buitengewone eksamen en die betrokke modulepunt (deurlopende evalueringspunt). Dieselfde kriteria, soos gestel vir ’n finale punt in ’n module, is hier van toepassing.
Let wel: Geen spesiale datums sal vir siekte-/buitengewone eksamens gereël word nie. Sodanige eksamens sal slegs op die geskeduleerde datums vir gewone eerste/tweede eksamens plaasvind.
Akademiese uitsluiting van verdere studie
Druipelinge/Toelating tot die tweede semester van die eerste studiejaar
Gekeurde eerstejaarstudente wat in voldoende voorgeskrewe eerste- semestermodules op 100-vlak geslaag het, word ingevolge die bepalings van die Algemene Regulasies outomaties tot die tweede semester van die eerste studiejaar toegelaat.
Druipelinge/Toelating tot die tweede studiejaar
(a) Eerstejaarstudente wat in alle voorgeskrewe kernmodules op 100-vlak geslaag het, word ingevolge die bepalings van Algemene Regulasies, outomaties tot die tweede studiejaar toegelaat.
(b) ’n Student wat een of meer van die kernmodules op 100-vlak gedruip het, sal daardie modules moet herhaal alvorens hy/sy tot die tweede studiejaar toegelaat sal word.
(c) Raadpleeg ook Slaag van 'n module in verband met ’n student vir die BKliniese Mediese Praktyk-graad, wat ’n studiejaar vir die tweede keer druip.
Druipelinge/Toelating tot die tweede semester van die tweede studiejaar
Tweedejaarstudente wat in voldoende voorgeskrewe eerste-semestermodules op 200-vlak geslaag het, word ingevolge die bepalings van Algemene Regulasies outomaties tot die tweede semester van die tweede studiejaar toegelaat.
Druipelinge/Toelating tot die derde studiejaar
(a) Tweedejaarstudente wat in alle voorgeskrewe eerste- en tweedesemestermodules op 200-vlak geslaag het, word ingevolge die bepalings van Algemene Regulasies, outomaties tot die derde studiejaar toegelaat.
(b) ’n Student wat in een of meer modules op 200-vlak gedruip het, moet sodanige module(s) wat gedruip is herhaal, alvorens hy/sy tot die derde studiejaar toegelaat sal word.
(c) Raadpleeg ook Slaag van 'n module ten opsigte van ’n student vir die BKliniese Mediese Praktyk-graad, wat ’n studiejaar vir die tweede keer druip.
Druipelinge/Akademiese uitsluiting van verdere studie
Raadpleeg Slaag van 'n module in verband met ’n student wat die graad-program nie binne die voorgeskrewe minimum tydperk van studie plus twee jaar voltooi nie.
Die graad word met lof toegeken aan ’n student wat ’n gemiddelde van minstens 75% in al die modules van derde studiejaar behaal het.
Minimum krediete: 128
Module-inhoud:
Vind, evalueer, prosesseer, bied inligtingbronne aan en bestuur hulle vir akademiese doeleindes deur die gepaste tegnologie te gebruik.Module-inhoud:
Pas effektiewe soekstrategieë toe in verskillende tegnologiese omgewings. Demonstreer die etiese en regverdige gebruik van inligtingsbronne. Integreer 21ste-eeuse kommunikasie met die bestuur van akademiese inligting.Module-inhoud:
Sistemiese kliniese anatomie: kardiovaskulêre, respiratoriese, vertering-, urogenitale, oog-, oor-neus-en-keel-, senuwee-, muskuloskeletale, vel- en endokriene stelsels. Oppervlaks- en regionale anatomie beperk tot spesifieke diagnostiese, terapeutiese en noodprosedures.Module-inhoud:
*Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.
Study of English used in medicine, aimed at developing reading, writing and interviewing skills in clinical situations. *Presented to students in Health Sciences only.
Module-inhoud:
*Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.
Further study of English in medicine, with emphasis on language skills required in clinical contexts. *Presented to students in Health Sciences only.
Module-inhoud:
Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.
Introduction to Physiology, homeostasis and body fluids, cell physiology, haematology and immunology, cardiovascular system, respiration, neurophysiology and senses, gastrointestional physiology and nutrition, kidneys, endocrinology, reproduction, skin and body temperature.
Module-inhoud:
Inleiding tot Fakulteit Gesondheidswetenskappe, kurrikulum en kulturele verskille. Basiese teorie en vaardighede ten opsigte van gesondheidsassessering en fisiese ondersoek, gesondheidsbevordering en siektevoorkoming deur middel van selfonderrig en praktiese sessies in die hospitaal en vaardigheidslaboratium. 'n Probleemgeoriënteerde en interdissiplinêre benadering word beklemtoon.
Module-inhoud:
Basiese teorie end vaardighede ten opsigte van gesondheidsassessering en fisiese ondersoek, gesondheidsbevordering en siektevoorkoming van die genito-urinêre, sentrale senuweestelsel, kop, nek, oog, oor, neus, keel, muskuloskelet-, endokriene, dermatologiese stelsels, deur middle van lesings, seminare, selfonderrig en praktiese sessies in die hospitaal end vaardigheidslaboratorium. Probleemgeoriënteerde en interdissiplinêre benadering word beklemtoon.
Module-inhoud:
Inleidende beginsels tot kliniese farmakoterapie. Farmakoterapie en toespaslike kliniese aspekte van die mees algemene en prominente siektes en toestande.
Minimum krediete: 138
Module-inhoud:
Basiese teorie en vaardighede ten opsigte van gesondheidsbevordering, siekte-voorkoming, diagnose en behandeling van siektes van kardio/perifere, vaskulêre, retikuloëndoteliale, endokriene, respiratoriese, genito-urinêre en gastroïntestinale stelsels deur middel van groepbesprekings, selfonderrig en praktiese sessies in die hospitaal en vaardigheidslaboratorium. ’n Probleemgeoriënteerde en interdissiplinêre benadering word beklem-toon. Klem word geplaas op die diagnose en behandeling van die mees prominente toestande sowel as die aanleer van praktiese en kliniese vaardighede.
Module-inhoud:
Basiese teorie en vaardighede ten opsigte van die gesondheidsbevordering, siektevoorkoming, diagnose en behandeling van siektes van sentrale senuweestelsel, kop, nek, keel, vel, muskuloskelet-, endokriene stelsels, deur middel van lesings, seminare, selfonderrig en praktiese sessies in die hospitaal en vaardigheidslaboratorium. Probleemgeoriënteerde en interdissiplinêre benadering word beklemtoon. Klem word geplaas op die diagnose en mees prominente toestande sowel as die aanleer van praktiese en kliniese vaardighede.
Module-inhoud:
Kliniese farmakoterapie insluitende indikasies, kontra-indikasies, newe-effekte en interaksies van medikasie wat algemeen voorgeskryf word in Suid-Afrika. Rasionele voorskrifgebruike en beoordeling van voorskrifte.
Minimum krediete: 162
Module-inhoud:
Studie van gesondheidstelsels, met klem op distrikgesondheidstelsels.Module-inhoud:
Teorie en vaardighede ten opsigte van die siektevoorkoming, diagnose en behandeling van siektes en probleme wat vroue affekteer, deur middel van lesings, seminare, selfonderrig en praktiese sessies in die hospitaal en vaardigheidslaboratorium. ’n Probleemgeoriënteerde en interdissiplinêre benadering word beklemtoon. Klem word geplaas op die diagnose en behandeling van die mees prominente toestande sowel as die aanleer van praktiese en kliniese vaardighede.
Module-inhoud:
Teorie en vaardighede ten opsigte van die siektevoorkoming, diagnose en behandeling van siektes en probleme van kinders, deur middel van lesings, seminare, selfonderrig en praktiese sessies in die hospitaal en vaardigheidslaboratorium. 'n Probleemgeoriënteerde en interdissiplinêre benadering word beklemtoon. Klem word geplaas op die diagnose en behandeling van die mees prominente toestande sowel as die aanleer van praktiese en kliniese vaardighede.
Module-inhoud:
Teorie en vaardighede ten opsigte van die siektevoorkoming, diagnose en behandeling van chroniese en aansteeklike siektes en probleme, deur middel van lesings, seminare, selfonderrig en praktiese sessies in die hospitaal en vaardigheidslaboratorium. ‘n Probleemgeoriënteerde en interdissiplinêre benadering word beklemtoon. Klem word geplaas op die diagnose en behandeling van die mees prominente toestande sowel as die aanleer van praktiese en kliniese vaardighede.
Module-inhoud:
Inleiding tot die grondbeginsels van die teorie en praktyk van anestesiologie van toepassing op die kliniese praktyk.Module-inhoud:
Teorie en vaardighede ten opsigte van die siektevoorkoming, diagnose en behandeling van geestesgesondheidsprobleme, deur middel van lesings, seminare, selfonderrig en praktiese sessies in die hospitaal en vaardigheidslaboratorium. 'n Probleemgeoriënteerde en interdissiplinêre benadering word beklemtoon. Klem word geplaas op die diagnose en behandeling van die mees prominente toestande sowel as die aanleer van praktiese en kliniese vaardighede.
Module-inhoud:
Teorie en vaardighede ten opsigte van die siektevoorkoming, diagnose en behandeling van ortopediese siektes en probleme, deur middel van lesings, seminare, selfonderrig en praktiese sessies in die hospitaal en vaardigheidslaboratorium. 'n Probleemgeoriënteerde en interdissiplinêre benadering word beklemtoon. Klem word geplaas op die diagnose en behandeling van die mees prominente toestande sowel as die aanleer van praktiese en kliniese vaardighede.
Module-inhoud:
Kliniese farmakoterapie insluitende indikasies, kontra-indikasies, newe-effekte en interaksies van medikasie wat algemeen voorgeskryf word in Suid-Afrika. Rasionele voorskrifgebruike en evaluering van voorskrifte.
Copyright © University of Pretoria 2025. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App