Jaarboeke

Omgewingsepidemiologie 871


 
Modulekode EOM 871
Kwalifikasie Nagraads
Fakulteit Fakulteit Gesondheidswetenskappe
Module-inhoud

Hierdie module is ? inleiding van die verskillende tipes epidemiologiese studie-ontwerpe wat toegepas word in die ondersoek van die verband tussen omgewingsfaktore en gesondheid. Afgesien van die klassieke epidemiologiese studie-ontwerpe (deursnee-, geval-kontrole en kohortontwerpe wat in HME 874 bekendgestel is), word ander studie-ontwerpe soos die tyd-reeks, geval-oorkruising, paneel, geografiese, genetiese en molekulêre studie-ontwerpe ook bekendgestel en bespreek. Die statistiese tegnieke wat toegepas word in die tyd-reeks, geval-oorkruising, paneel, geografiese, genetiese en molekulêre studie-ontwerpe word bespreek, asook die nagevolge wat ewekansige en sistematiese foute in die blootstelling/gesondheid bepalings kan hê op die epidemiologiese verbandhoudings; dus is 'n basiese biostatistiek-woordeskat (bekendgestel in BOS 874) ? voorvereiste.

Modulekrediete 10.00
Voorvereistes Geen voorvereistes.
Onderrigtaal Module word in Engels aangebied
Departement Skool Gesondheidstelsels en Openbare Gesondheid
Aanbiedingstydperk Jaar

Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences