Jaarboeke

Toepassing van menseregtebeginsels op geselekteerde regte van seksuele minderhede in Afrika 806


 
Modulekode HRA 806
Kwalifikasie Nagraads
Fakulteit Fakulteit Regsgeleerdheid
Module-inhoud In hierdie module val die klem op die toepassing van menseregtebeginsels op geselekteerde kwessies wat seksuele minderhede in Afrika raak, met die oog daarop om response gegrond op menseregte op verwante hedendaagse probleme in die Afrikastreek te ontwikkel. Die volgende onderwerpe word behandel: (a) Ontwikkeling van ’n kritiese begrip van die konsepte ‘seksuele oriëntasie’ ‘genderidentiteit’, ‘homoseksueel’, ‘biseksueel’, ‘gay’, ‘lesbies’, ‘transgender’, ‘interseks’, seksuele minderheid’, ‘heteroseksualiteit’ en (in Engels:)‘queer’’ (b) Begrip van die teorieë oor die sielkunde, biologie en sosiobiologie van homoseksualiteit (c) Ondersoek van die globale geskiedenis van homoseksualiteit, veral in die ‘Weste’ (die VSA en Brittanje), en die invloed daarvan op Afrika (d) Ondersoek van die evolusie van homoseksualiteit en die samelewing in Afrika, met inbegrip van ’n antropologiese oorsig van homoseksualiteit in tradisionele Afrika-gemeenskappe en in koloniale en postkoloniale Afrika (e) Begrip van die aard van die skendings van regte van ‘seksuele minderhede’ in die besonder deur owerhede en nie-owerheidsagentskappe in Afrika (waaronder skendings van die reg op gesondheid; diskriminasie gegrond op werklike of vermeende seksuele oriëntasie, genderidentiteit en MIV-status; seksuele en ander vorms van geweld; skendings van die reg op privaatheid; stigmatisering en die gevolge daarvan) (f) Begrip van die redes vir die skending van regte en homofobie in Afrika deur die rol van kultuur/tradisie, godsdiens en meerderheidsoorheersing te ondersoek (g) Oorweging van die rol van openbare beleid deur te fokus op die behoefte aan en moontlikheid vir regshervorming, en strategieë om gemeenskappe bewus te maak van die regte van seksuele minderhede en om homofobiese houdings te verander
Modulekrediete 15.00
Voorvereistes Geen voorvereistes.
Kontaktyd 30 kontakure per semester
Onderrigtaal Module word in Engels aangebied
Departement Sentrum vir Menseregte
Aanbiedingstydperk Semester 1

Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences