Jaarboeke

Program: BAHons Antieketaal- en -kultuurstudie

Kindly take note of the disclaimer regarding qualifications and degree names.
Code Faculty
01240256 Fakulteit Geesteswetenskappe
Credits Duration
Minimum duur van studie: 1 jaar Totale krediete: 120
Contact:
Prof GT Prinsloo
[email protected]
+27 (0)124202683

Programinligting

Die spesialiseringsgebiede sluit in:

i) Antiekekultuurstudie
ii) Bybelse Tale
iii) Klassieke Tale
iv) Grieks
v) Latyn
vi) Semitiese Tale

Toelatingsvereistes

  • 'n Nasionale eerste kwalifikasie (BA-graad) met minstens 360 krediete.

Addisionele vereistes:

  •  Studente wat geregistreer is vir ’n vierjaar graad, mag in hul finale jaar van studie toegelaat word mits die ekwivalent van 360 krediete reeds verwerf is, waarvan ten minste 120 krediete op derdejaarsvlak moet wees. In hierdie geval sal die BAHons in Antieketaal- en -kultuurstudie slegs toegeken word nadat die student aan al die vereistes vir die vierjaar graad voldoen het.
  •  UP-gegradueerdes: Minstens 94 krediete in enige van die spesialisareas wat in die Departement Antieke Tale en Kulture aangebied word. Minstens 30 krediete moet op jaarvlak 3 wees.
  • Gegradueerdes van ander universiteite: Daar kan van sodanige studente vereis word om ’n toelatingseksamen in hul gekose studieveld ter bevrediging van die departementshoof te slaag, voordat hulle toegelaat sal word om vir die program te registreer.
  • ’n Gemiddelde van minstens 60% op jaarvlak 3 in enige van die dissiplines hierbo vermeld. Studente wat ’n BA of gelykwaardige kwalifikasie verwerf het, maar nie een van die bogenoemde tale as hoofvak geslaag het nie, sal slegs toegelaat word om in Antiekekultuurstudie te spesialiseer. Indien nodig, kan die departementshoof ook vereis dat ten minste ’n basiese kennis van een of meer van die relevante tale verwerf word.

Addisionele vereistes

  1. Studente wat geregistreer is vir ’n vierjarige graad, mag in hul finale jaar van studie toegelaat word mits die ekwivalent van 360 krediete reeds verwerf is, waarvan ten minste 120 krediete op derdejaarsvlak moet wees. In hierdie geval sal die BAHons in Antieketaal- en -kultuurstudie slegs toegeken word nadat die student aan al die vereistes vir die vierjarige graad voldoen het.
  2. UP-gegradueerdes: Minstens 94 krediete in enige van die spesialiseringsgebiede wat in die Departement Antieke Tale en Kulture aangebied word. Minstens 30 krediete moet op jaarvlak 3 wees.
  3. Gegradueerdes van ander universiteite: Daar kan van sodanige studente vereis word om ’n toelatingseksamen in hul gekose studieveld ter bevrediging van die departementshoof te slaag, voordat hulle toegelaat sal word om vir die program te registreer.
  4. ’n Gemiddelde van minstens 60% op jaarvlak 3 in enige van die dissiplines hieronder vermeld. Studente wat ’n BA of gelykwaardige kwalifikasie verwerf het, maar nie een van die ondergenoemde tale as hoofvak geslaag het nie, sal slegs toegelaat word om in Antiekekultuurstudie te spesialiseer. Indien nodig, kan die departementshoof ook vereis dat ten minste ’n basiese kennis van een of meer van die relevante tale verwerf word.

Minimum krediete: 120

Kernmodules

  • Module-inhoud:

    Navorsingsmetodologie in die studie van die Antieke Wêreld Inleiding in die navorsingsproses in verskillende velde in die bestudering van die Antieke Wêreld. Aandag word aan die volgende aspekte geskenk: die identifisering van navorsingsprobleem; die formulering van 'n hipotese en die keuse van 'n geskikte navorsingsbenadering; die formulering van duidelike navorsingsdoelwitte; die keuse en toepassing van geskikte navorsingsmetodologie.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Daar word van studente verwag om 'n duidelik gedefinieerde navorsingsvoorstel oor 'n tema van hulle eie keuse binne een van die navorsingsvelde/navorsingsprojekte in die departement te formuleer. Die voorstel moet 'n duidelike verstaan van die verskillende komponente in die navorsingsproses weerspieël (die identifisering van navorsingsprobleem, formulering van 'n hipotese, keuse van 'n geskikte navorsingsbenadering, formulering van duidelike navorsingsdoelwitte, keuse en toepassing van 'n geskikte navorsingsmetode). Die navorsingsvoorstel moet studente se vertroudheid met verskillende navorsingsmetodologieë wat gebruik kan word om die Antieke Wêreld te ondersoek, duidelik weerspieël.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Geskiedenis van die Antieke Wêreld 'n Gedetailleerde studie van aspekte van die geskiedenis van die Antieke Wêreld (afhangende van studente se belangstelling en/of spesialisasie kan meer aandag geskenk word aan die geskiedenis van die inwoners van Mesopotamië, Egipte of Sirië/Palestina of die Grieks-Romeinse wêreld). Taalstudente sal capita selecta uit die relevante literatuur van die Hebreeuse/Griekse/Latynse literêre korpus lees.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Mitologie en godsdiens in die Antieke Wêreld Studie van ou Nabye Oosterse mitologie en godsdienstige oortuigings en die invloed daarvan op die kulture van Afrika en die Midde-Ooste en/of studie van die godsdiens van antieke Israel en/of studie van Grieks-Romeinse mitologie en godsdienstige oortuigings en die ingrypende en voortdurende invloed daarvan op Westerse kunsvorme. Aandag word geskenk aan beide staats- en private godsdienstige gebruike in die Antieke Wêreld. Taalstudente sal capita selecta uit die relevante literatuur van die Hebreeuse/Griekse/Latynse literêre korpus lees.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Sosiale organisasie en sosiale waardes in die Antieke Wêreld Gedetailleerde studie van die sosiale organisasie van die Antieke Wêreld met spesifieke verwysing na temas soos wêreldbeeld, sosiale klasse, slawerny, ekonomie en regering en/of studie van sosiale waardes wat die kulture van die antieke wêreld bepaal het. Aandag word spesifiek geskenk aan aspekte soos ruimte en ruimtelike oriëntasie, eer en skaamte, die poariteit van heilig/onheilig, sienings oor die groep en die individu in antieke samelewings en die rol van ras en geslag in antieke samelewings. Afhangende van studente se belangstelling en/of spesialisasie kan die klem val op die ou Nabye Ooste of die Grieks-Romeinse wêreld. Taalstudente sal capita selecta uit die relevante literatuur van die Hebreeuse/Griekse/Latynse literêre korpus lees.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Verbale en nie-verbale simbole in die Antieke Wêreld Studie van literêre teorie/teorieë en genres, byvoorbeeld: kriteria vir die analise van narratiewe, poësie, eposse en drama in die Antieke Wêreld en studie en interpretasie van die visuele uitbeeldings van die Antieke Wêreld. Afhangende van studente se belangstelling en/of spesialisasie kan meer aandag geskenk word aan die literatuur van die ou Nabye Ooste of die Grieks-Romeinse of die vroeg-Christelike wêreld. Aandag word spesifiek gegee aan die oorvleueling van veerbale en nieverbale simbole en hoe die een kan dien as hulpmiddel om die ander te interpreteer. Taalstudente sal capita selecta uit die relevante literatuur van die Hebreeuse/Griekse/Latynse literêre korpus lees

    Sien meer


Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences