Jaarboeke

Finansiële rekeningkunde 101


 
Modulekode FRK 101
Kwalifikasie Voorgraads
Fakulteit Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe
Module-inhoud

*Slegs beskikbaar vir BCom (Rekeningkundige Wetenskappe)-studente
*Studente wat in 'n vorige akademiese jaar vir FRK 101 geregistreer was en nie die module geslaag het nie, word slegs toegelaat om die module te herhaal indien hulle minder as 35% daarvoor behaal het en mag nie met ‘n punt van onder 35% vir FRK 100 registreer nie.
(Hierdie is ‘n kernmodule vir BCom (Rekeningkundige Wetenskappe) wat deel uitmaak van die GR-program. Modules word opgestel en aangebied met kennisname van die vereistes van die SAIGR se sillabus.)
'n Inleiding tot die konseptuele raamwerk (teorie van rekeningkunde); basiese rekeningkundige vergelyking; belasting op toegevoegde waarde, afslag; inkomste; rekeningkundige prosedures vanaf brondokumente via hulpjoernale na algemene grootboek en proefbalans; finansiële jaarstate van ‘n eenmansaak; kontrolerekeninge; departementele rekeninge; bankrekonsiliasiestate; voorraad; niebedryfsbates eiendom, aanleg en toerusting; kontant en kontantekwivalente; beleggings; lenings; renteberekeninge; versekeringseise; ondernemings entiteite sonder winsoogmerk; takrekeningkunde; permanente vennootskappe; vennootskapsrekeninge; veranderinge in vennootskappe; beslote korporasies; maatskappye; ontleding en vertolking van finansiële state met gebruik van ‘n kontantvloeistaat; vervaardigingsentiteites; opsporing en regstelling van foute; onvolledige rekords;.
'n Tegniese vermoë om voorgaande kennis op komplekse probleme toe te pas, is noodsaaklik.

Modulekrediete 24.00
Voorvereistes Kandidate wat nie Graad 12-Rekeningkunde geneem het nie, sal onvoorwaardelik tot Finansiële rekeningkunde 101 (FRK 101) toegelaat word.
Kontaktyd 6 lesings per week
Onderrigtaal Module word in Engels aangebied
Departement Rekeningkunde
Aanbiedingstydperk Jaar

Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences