Modulekode | BDO 223 |
Kwalifikasie | Voorgraads |
Fakulteit | Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe |
Module-inhoud | *Slegs vir BCom / BAdmin studente Werknemergesondheid en ergonomika Hierdie afdeling fokus op aktuele en belangrike aspekte van gesondheids- en veiligheidsbestuur in organisasies, asook die aard en rol van ergonomika daarin. Hierdie aspekte word teoreties en prakties toegelig sodat die student die nodige kennis en vaardighede bekom in die veld van organisasiesielkunde en menslikehulpbronbestuur. Bestuur van diversiteit Hierdie afdeling fokus op die ontwikkeling van ’n sensitiwiteit vir ’n diverse werksmag en die ontwikkeling van ’n klimaat van wedersydse respek en toleransie tussen individue en groepe in die organisasie. Daar word spesifiek gefokus op die voorvereistes vir die effektiewe instel van ’n diversiteitsbestuurprogram in ’n organisasie. |
Modulekrediete | 16.00 |
Programme | |
Voorvereistes | BDO 111 GS, BDO 221 GS |
Kontaktyd | 3 lesings per week |
Onderrigtaal | Module word in Engels aangebied |
Departement | Menslikehulpbronbestuur |
Aanbiedingstydperk | Semester 2 |
Copyright © University of Pretoria 2025. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App