*Slegs vir BCom / BAdmin studente Menslike ontwikkeling en persoonlikheid Die lewenspan en belangrike periodes in die menslike omgewing word behandel met die klem op die betekenis daarvan in die werkkonteks. Ten opsigte van persoonlikheid word daar onder andere aandag gegee aand ie kulturele konteks van persoonlikheid, die vorming, dimensies en determinante van persoonlikheid, persoonlikheid as gedragsbepaler en die ont¬wikkeling en instandhouding van die selfkonsep. Aandag word ook gegee aan die basiese metodes van persoonlikheidsmeting en –assessering. Motivering en werknemer welstand Een van die baie faktore wat deel vorm van individuele prosesse is Motivering en Emosie. Om insig te hê in individuele prosesse sal bydra tot 'n begrip van hoe en waarom werknemers presteer by hulle werkplekke . Die eerste deel van hierdie semester kursus het ten doel om die student bekend te stel aan die fundamentele teorieë van motivering en emosie. Die tweede deel van hierdie semesterkursus is gemoeid met die erkenning en klassifikasie van sielkundige versteurings, asook die bestuur en bevordering van psigologiese welstand in organisasies. 'n Positiewe siening van psigologiese gesondheid het ten doel om die persoon se innerlike hulpbronne of sterkpunte en uithouvermoeë te fasiliteer sodat hulle gesond bly en effektief kan omgaan. |
Get Social With Us
Download the UP Mobile App