Module-inhoud |
*Slegs vir BCom / BAdmin studente Bedryf- en Organisasiesielkunde is ‘n toegepaste veld van die Sielkunde wat fokus op werknemer en organisatoriese gedrag. Die module het ten doel om die student bekend te stel aan: - die geskiedenis en ontwikkeling van die Sielkunde asook die Bedryf- en Organisasiesielkunde
- die verskillende sub-areas van die Sielkunde asook die Bedryf- en Organisasiesielkunde
- hoe die verskillende teoretiese denkskole in die Sielkunde die psige van die mens en mens-gedrag beskou
- die genetiese en biologiese basis van mens-gedrag, ‘n beter begrip vir individuele verskille aan te toon en ‘n inleiding tot ergonomiese beginsels te gee
- hoe wetenskaplike navorsing die grondslag vorm om mens-gedrag te verstaan en te hanteer sodat optimale funksionering van die mens in die werkomgewing bereik kan word.
Individuele prosesse In hierdie afdeling word die beginsels van leer soos dit in die werkkonteks voorkom, ondersoek. Die rol van persepsie binne werkverband word behandel deur te kyk na qaspeket soos vorm-, diepte-, afstand– en kleurpersepsie. Kognisie, denke, redenering, geheue, kreatiwiteit en besluitneming word behandel. Intelligensie word toegelig en in perspektief geplaas binne die veld van die bedryf– en organisasiesielkunde. |
Get Social With Us
Download the UP Mobile App